‘n Bekertjie se reis.

Spesiaal vir @ladygodiva wat hou van reis en mooi goed.

Iewers in Engeland het iemand agter gekom dat daar ‘n eensame,bruingevlekte,afgeleefde ou Bunnykins-bekertjie ‘n stoksielalleen lewe in ‘n Suid-Afrikaanse vertoonkas slyt.Dadelik is daar planne gesmee om die kraak-oor-outjie se raklewe op te kikker.Na ‘n lang gesoek en baie oorweging,is ‘n splinternuwe jongeling opgespoor.Met vele liefde en versigtigheid,is hy styf toegedraai in ‘n allerfraaie pakkie.Binne in sy magie is daar sommer ook ‘n paar heerlike teesakkies en die lekkerste cappucinokoevertjies weggesteek,met twee sakkies soet kakaopoeiertjies vir ekstra smaak.

Nadat vele hande die pakkie hanteer het,beland hy uiteindelik op die lang vlug na ‘n verre land aan die Suidpunt van Afrika.Weens ‘n tradisionele posstaking,moes hy ‘n week lank in ‘n donker stoorkamer rondlê en wonder of hy ooit weer daglig gaan sien.Gelukkig was dit van korte duur en gretige hande het hom by die toonbank ontvang.

Oopdraai en skeur en nogmaals oopdraai en uiteindelik ‘n geknip met ‘n skêr,ontbloot die fraaiste jongeling, met sy vrolike hasies,nog in een stuk!Die outjie is dadelik ingewy met ‘n heerlike skuimende cappucino,wat sy magie warm laat klop het.Daarna is hy liefderik langs sy horingou nefie,op ‘n ereplekkie weggebêre.

Die tweetjies staan styf teen mekaar en dis asof die ou vergeelde bekertjie sommer weer nuwe lewe gekry het!

_MG_2091
Hasie Kalbassie het ‘n nuwe maatjie gekry.
_MG_2095
Meer as vyftig jaar verskil!

 

34 Replies to “‘n Bekertjie se reis.”

    1. @frandr Dis sulke dingetjies wat die lewe lekker maak.Daardie persoon het my so goed laat voel en ek het die bekertjie met die storie binne-in gebere.Ek hoop dat iemand dit eendag ook sal waardeer en koester.

      Like

      1. Jy weet nooit, dalk ontmoet ons nog eendag.
        Soveel van julle gee my eindelose plesier, wens ek kon vir elke liewe blogger iets spesiaal doen.
        Gaan nou van daardie cappacino maak in my Paddington Bear beker, sopas by die huis ingestap.
        Gaan hierdie pos van jou save, dankie hiervoor.

        Like

        1. Ek het deesdae ‘n sawwer plek in my hart vir Handsakvreters vandat jy Vasco aan ons bekend gestel het.

          P.s
          My man dink dit is n mini wonderwerk dat Bunnykins ongedeerd by jou uitgekom het. Vir hom jou pos vertaal en gelees 🙂

          Like

        2. @ladygodiva e
          Ek is bly Vasco kon die Boksers se reputasie ‘n hupstoot gee daar by jou.
          Jy het die pakkie so goed toegedraai,hy kon nie breek nie!

          Like

  1. Ek het so vlugtig gaan lees oor ” Bunnykins”, dis baie interessant.
    En ja, nou kan die nuweling ook sy “reis” voortsit 😉

    Like

    1. @lines So ‘n rukkie terug was ons tema oor bekers.Toe het ek oor my geel ou bekertjie geblog.Gaan loer daar,dan kry jy die storie.Ek het dit op 22Februarie gepos.Jy kan dit in my argief kry.Ek is te dom met skakels!!

      Like

  2. 🙂 geseënd is beide die afsender en die ontvanger van hierdie kosbare nuwelingsbekertjie . . . ( ek het ook lank terug tuisgemaakte fudge in ‘n blik Engeland toe gestuur en toe tjoklits en Engelse ontbyt-tee in ruil terug ontvang . . . die herinnering bly tasbaar ,,,,, )

    Like

  3. Dis pragtig. My skoonma het vir my Wyseman se Beatrice Potter bekertjie en bakkie gegee, ek hoop ook my kinders sal sit waardeer eendag as hulle dit kry.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +