Plaastuingereedskap..

Ou geroeste greedskap het nog altyd my aandag getrek.Kleintyd was dit so lekker om op die damskrop(wat nog deur ‘n perd getrek is)en die geroeste ploegskare onder die soetdoringboom te speel.Die stoor,met sy witgekalkte klipmure was eweneens vol lieflike geheime..ou stukkende separators(dis nou waarmee room van melk geskei word),draadtange,sae,reuse vurke met lang tande vir opskep van hooi,pikke,byle…ai,ek kon ure daar rondhang en wonder waarvoor alles gebruik word.

Selfs vandag nog,gee my hart so ‘n nostalgiese ruk,by aanskoue van enige plaasgereedskap,oud of nuut,want dit gee my ‘n gevoel van lewe,werskaf om voortbestaan,oorlewing,die mens se vermoë om te skep,om vindingryk te wees,om planne te maak…

Elke stukkie gereedskap vertel ook ‘n storie:Wie het dit gebruik?Wat is daarmee bereik?Is die persoon al oorlede?Hoe het hy gelyk?…ag,en so kan mens maar jou gedagtes laat gaan..dis amper soos wanneer ‘n mens tussen ou grafte rondloop en jou probeer indink in vergange tye.

Verlate op ‘n vlakte in Namibië
_MG_3942
Verroes teen ‘n muur op ‘n Vrystaatse plaas.

 

26 Replies to “Plaastuingereedskap..”

  1. Ek onthou n hooimied waarop ek as kleuter kon spring. Weet nie waarom grootmense dit toegelaat het nie. (Die hooi vergaan en die diere ly in die winter.)

    Like

    1. @tina10 Dankie Tina,my fotospasie is alweer vol,want ek wou nog plaas.Ek is ook nou al redelik dik vir die captcha.Hoor steeds niks van daai kant af nie!

      Like

        1. @ladygodiva en @tina10 Ek dink ons moet by haar gaan spook.Het die mense daar by Litnet van die aardbol af verdwyn of wat?Ons hang hier rond soos ‘n verlore,vergete volkie..dit voel amper soos politiek!

          Like

      1. Yeah right, ek het soortvan ooghare vir Vasco hy is nie te bad vir ‘n Ondier nie. Dit sluit egter die res van sy ras uit hoor..lol 🙂

        (Jy OK? gedink aan jou/julle oor die naweek. Hartseer gebeure slaan mens mos met sulke klein upper-cuts met gereelde tydmaat onder die hart op die mees onverwagse tye. )

        Like

        1. @ladygodiva Ja ek voel darem beter..ek is net vreeslik jammer vir my vriendin,dat hulle deur so ‘n verskriklike ding moes gaan.Dankie dat jy aan my gedink het.

          Like

  2. Daardie ou oshark en snymasjien, wat ook deur ´n os of perd getrek is, was deel van die implemente wat op die plaas in Smithfield was. Waar is die dae!

    Like

  3. Gee die vrou ‘n gap. Sy het ook ‘n lewe.delete bietjie rubbish! Easy peasy. Ek sal sweerlik hardloop as iemand my so konstant pla.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +