Plesier en pyn van aanbouings.

My huishulp het die dapper skoene van aanbouery aangetrek.Sy is vrou-alleen en ek bewonder haar moed en deursettingsvermoe.Eerstens moes sy iemand kry om die planne op te trek en daarna munisipale goedkeuring kry.In die proses vind sy toe uit dat haar buurman twee meter van haar erf ingepalm het.Toe sy hom daaroor uitvra,lig hy haar in dat hy twee meter van sy erf vir sy ander buurman gegee het vir die bou van ‘n garage,toe vat hy twee by haar.Dit was natuurlik voor haar huisie gebou is.Die vent was heel inskiklik om dit terug te gee,maar ‘n week later slaan hy twee makoekoes van sinkplate amper teen haar tuinmuur op en bou toe sommer ‘n toilet vir die nuwe huurders ook daar.Verder het hy die vermetelheid gehad om ‘n aansluiting by haar rioolsisteem te maak!Tot haar ergernis stapel hy ‘n klomp gemors teen die muur op aan sy kant.Dis haar muur,waarvoor ons haar help betaal het,maar ta doen nou alles in sy vermoe om haar te kortwiek.

Die taaie vroutjie laat haar nie van stryk bring nie en gee orders dat hy maar die pakaas teen haar muur moet verwyder en dat haar nuwe muur nou styf teen die makoekoes gaan staan…twee meter is twee meter.Ons stuur volgende week die muurmense om die skuif te doen.Makoekoes is verbode,maar in die area waar sy bly,het een persoon daarmee begin en nou spring die goed op soos paddastoele.Dit is so aaklig.Ek kom baie daar en dis skokkend om die praghuise te sien,met sinkkrotte langsaan.Die munisipaliteit is veronderstel om dit te verhoed,maar die mense steur hulle min daaraan. 

‘n Kostelikheidjie van haar aanbouery is die feit dat haar bouer al die vensterrame,deure en ander boumateriaal op haar huis se dak gestoor het.Soos hy bou,kom die goed een vir een af.Lang vingers in die township is soos die slap takke aan ‘n wilgerboom.Selfs haar tuinstoele en wasgoed is al weggedra.Ons kla,maar in die townships gaan dit rof!

Advertisements

6 thoughts on “Plesier en pyn van aanbouings.”

  1. Jip,daars twee stelle reels..hang net af waar jy woon.Ons mag geen strukture oprig sonder toestemming nie,maar nouja,armoede en sukkel steur hom nie aan wette nie.Soms kan mens dit verstaan.

    Like

  2. Dit klimk asof dit daar gaan soos my man altyd sê “‘n Mens moet jou grasperk in die aand oprol, anders steel hulle hom.” Daar is tog iets komies aan die prentjie met die bougoed op die dak. Sterkte vir die vasberade vrou!!!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s