Woeste dag..

Laat my lekker lag!

Ons is weer besig met verbeterings aan ons huis.Die plek begin skielik uitmekaarval,soos sy twee inwoners,wat ook drastiese aftakeling ondervind.Geen mens of gebou ontsnap van hierdie nare werklikheid nie!

Ons slaapkamer lyk soos ‘n slagveld nadat al die pleister afgekap moes word..vorige kontrakteur het hope sand en bittermin sement gebruik,dus verkrummel alles.Die badkamerteëls is uigekap..vorige kontrakteur se teëls het gelig vanweë te min sement!Die dak is darem klaar geseël en nou kan die mure geverf word.

Dit voel soos ‘n inval.Ons slaap nou wel aan die anderkant van die huis,maar toe ons weer sien is die drein en toilet daar  verstop.Vanoggend na oefening,wou ek gou stort,maar daardie Rooter mense is aan’t werk by die drein.Ek vlug na die gastetoilet om darem net my gesig en hande te was,maar o wee!die Sjinese indrukprop het sy alie gesien en die water dreineer nie!Ai tog,so al skuilende van alle oë buite en in die huis,doen ek toe maar my wassery in ‘n plastiekbeker!

Mens se besittings word naderhand jou baas…eenvoud o eenvoud,wat het van jou geword?

 

Advertisements

4 thoughts on “Woeste dag..”

  1. Slegte tyd van die jaar want in die somer kan darem you in die swembad spring! Die Chinese se n huis is nooit klaar nie, as jy die een Kant klaar het, het die ander Kant weer aandag nodig!

    Like

  2. Aanbou en herbou en reparasies is nie aldag lekker nie terwyl dit gebeur nie….al die goed in die pad en deurmekaar

    Maar die eind resultaat is lekker

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s