Kussings

My eerste en sagste kussing is manlief.Hy is altyd daar wanneer ek hom nodig het.In daardie kussing kan ek huil,lag en skinder,sonder om in die vere te verstik.

My tweede kussing is een van tevredenheid en liefde…dit behoort aan my kinders en kleinkind.Op hierdie kussing kan ek altyd staatmaak vir ondersteuning en kry ek gedurig veertjies terug wat ek deur die jare vir hulle gegee het.

My derde kussing is ‘n oue.Sy gô is al bietjie uit,maar hy is soos ‘n geliefde kussinkie waaraan ek vasklou.Soos enige ou ding,is dit die lekkerste een waarvan ek swaar sal afskeid neem.Dis my skoonma.Sy is ‘n bron van lewenswysheid en het die skerpste humorsin.Haar positiwiteit is ‘n voorbeeld vir ons almal en van kerm en kla sal jy nooit hoor nie.

My vierde kussing is my verbeelding.Op hierdie kussing kan ek vêr ente vlieg,dink wat ek wil,my verplaas uit slegte situasies,stories uitdink en alleen met my eie gedagtes wees.Dis die privaatkussing,waar niemand,maar niemand weet wat daar aangaan nie..net ek!

Ek sou graag foto’s wou plaas,maar met ons huis regmakery,is my kamera iewers diep weggepak,waar ek hom nie kan kry nie.

Advertisements

7 thoughts on “Kussings”

  1. Mmmmmm, interessant! ek het nog nooit aan mense as kussings gedink nie. Dit gaan my nou weer ‘n paar dae besig hou om uit te werk watse kussing is wie! Dis lekker om dinge anders te sien so elke nou en dan!

    op ‘n ander noot, ek het ‘n DING oor my kussing. My kussing gaan orals saam my, selfs as ek vlieg. Ek kan nie sonder my kussing slaap nie. Ek weet nie of dit WERKLIK oor my nek gaan nie en of dit maar soos ‘n “blanky” is nie!

    Liked by 2 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s