Party dae

Wens ek dat ek net in ‘n grot kan bly…

Dan hoef ek nie bed op te maak nie..ek skud net die velle reg en vee met ‘n grasbesempie die grotkamer skoon.

Die dak sal ook nie lek nie en ek sal ook nie nodig hê om die badkamerteëls te vervang nie.Omdat ek die minimum veluitrustings sal besit,sal dit nie ure neem om die enkele kliprakkie agter in die grot te ontruim nie.Die paar goedjies stoor ek sommer buite onder ‘n klip en ek hoef nie twee ander slaapkamers tjok en blok vol te stop met meubels en veertig jaar se opgaarsels wat uit die hoofslaapkamer moes skuif nie!

Verder sal ek nie verf en stofdampe hoef in te asem nie en ook nie die aanslag van ‘n gillende “angle grinder” op my reeds sensitiewe oortrommels,hoef te verduur nie.

Dit sal ook salig wees om te weet geen elektroniese goed soos hekke wat met knoppies werk,mikrogolfoonde waarvan die liggies geblaas het,TV’s wat skielik sneeu,swembadpomp wat rukkerig die gees gee,internet wat verdwyn omdat koperdrade voete gekry het,verstopte dreins en  lekkende toilette,sal my rustige grotwonerbestaan versuur nie.

Maar as ek so loer na die vlieswolkies wat ysige koue voorspel,besef ek  dat ek nooit my lastige huis  vir ‘n grot  sal verruil nie!

23 Replies to “Party dae”

  1. As dit eers klaar is gaan jy baie gelukkig wees.
    Ek dink terug aan twee badkamers wat ons oorgeteel het,en een kombuis en dan voel ek nog die witsement so aan my hande! Ek dink nie ek sien weer kans daarvoor om dit self te doen nie.
    En toe die kombuis nou laas oorgedoen is moes ek vir 2 maande lank in die eetkamer met die mikrogolfoond kosmaak. Maar nou is ek meer as tevrede met die ‘nuwe’ kombuis en het al van die pyn vergeet
    🙂

    Like

  2. as ek ‘n grotbewonder was… sou ek seker menig oggend aan my lokke uit die kooi/velle gesleep moes word, of dink jy hul rugge was nooit stram nie, eers op die kniekoppe dan die boude lig dan die rug reguit/er dan met die hande druk op die grondvloer… nee wat sealie porstepedic klink beter opsie= geniet al die vebeteringe !

    Like

    1. Haha!Ek dink hulle het meestal hande-viervoet geloop,dus geen rugprobleme nie.Dis vandat die mens regop loop dat soveel probleme met die skelet ontstaan het! 😆

      Like

    1. Ja,daar is krag in eenvoud.Ons maak ons lewens vir onsself so ingewikkeld.Ek wonder of grotbewoners aan stres en depressie gely het?

      Like

  3. Ek wil nie teruggaan grot toe nie, maar ek wens nou en dan daar is net aan en af knoppies. Nie meer lus vir al die geleerdery net sodat ek iets kan laat werk nie. .

    Like

  4. Ek kan jou kommentaar sien maar as ek op jou naam tik dan kom ek by die WP bloghhofblad uit m a w daar is iets verkeerd met jou verstellings. Ek kan sien jy follow my en ek follow jou. Maar kry jy my antwoord op jou kommentaar?

    Like

  5. ‘d*******k521625133.wordpress.com’ is no longer available.is wat ek sien as ek op jou naam klik. Almal wat jou soek gaan die boodskap kry! Hoop dit help.(ek het die sterretjies oor jou naam getik, ek dink nie jy wil dit adverteer nie?

    Like

    1. Ek kry wel jou boodskappe en het nou gaan kyk by my stellings.Dis vreemd,want daardie lang ding met my naam en syfers is my wordpress adres.Kry jy kennis van my kommentaar?

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +