Woorde…

is die kern van ons bestaan.Sonder woorde sou ons nie hier in die virtuele ruimte met vreemdelinge kon gesels nie.Sonder woorde sou ons niks wees nie…geen boeke,geen geskrifte,geen loopbane,geen selfone,geen rekenaars,geen tegnologie,geen wetenskap…niks.

Sonder woorde is ons terug by ons oerouers,wat in grotte gewoon het en slegs met gebare en geluide gekommunikeer het.

Woorde maak reg,woorde kerf seer,woorde skaaf die nerwe dun,woorde troos,woorde ontketen woede,woorde stook oorloë,sagte woorde keer die grimmigheid weg,woorde asem liefde,woorde spoeg haat,woorde spreek deernis,woorde braak ongevoeligheid,woorde maak die mens ‘n unieke wese.

Aan almal wat hier lees..sonder woorde was hierdie ook net ‘n woordelose reuse windeier!

Advertisements

13 thoughts on “Woorde…”

  1. Dis baie waar! Met woorde kan ons die verlede oordra na die toekoms. Ek lees daar word bepaal dat spraak redelik ver teruggaan deur die keel /nek te bestudeer. Maar Lucy kon nie praat nie. 😉

    Like

    1. Ja-nee,maar ons breinkrag sou van so ‘n aard wees,dat ons nie eers sou weet van ‘n gemis nie…net rondloop,kos soek,skuil in grotte of bome en voortplant.

      Like

  2. Ons ore sou kon rus sonder woorde en ons oë sou baie meer raakgesien het! Maar mense se stemme is dikwels vir my die belangrikste eienskap waarmee ek hulle kern menswees assosieer, dus sou dit ‘n groot gemis wees as niemand woorde sou kon gebruik nie.

    Like

  3. Wow, great woorde!

    Ja, kan jy dink hoe sou ‘n lewe sonder woorde wees?

    Op die stadium in my lewe dink ek dit sou net makliker gewees het sonder woorde. Woorde skep verwagtinge, woorde maak mens hoop, woorde stel teleur.

    Like

  4. As jy nie kan hoor nie, is daar ook nie woorde nie. Ken 2 ou dames, susters, doofstom, en dit is vir my ‘n groot tragedie. Kan my nie indink hoe hulle deur die lewe gekom het nie.

    Like

  5. Dis baie waar.Dan dink ek aan Helen Keller wat nog blind ook was by haar doofheid.Dit moet wees soos om in ‘n donker klanklose kerker te leef.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s