Wind,winderig,winderigste!

Die afgelope drie dae waai hier ‘n woeste Oostewind en daarmee saam sandduine vol stof!Ons is toe gekokon in die huis met al die vensters dig,want buite tier die wind en speel die sonlig op die blink mica- stofdeeltjies,wat soos konfetti oral ronddwarrel.

Ons is al twee weke in Swakopmund en het twee uiterstes van temperature beleef…eers uiterste koue en dan sommer die volgende dag bloedige hitte.

Hierdie interessante weerverskynsel word deur die Namibiërs Oosweer genoem.Dit geskied meestal in die middel kan die winter.Wanneer ysige koue die binneland tref,sak dit af en beweeg vanaf die hoogland,kus se kant toe.Hoe verder die lug trek,hoe warmer word dit vanweë die wrywing.Dit skuur oor die woestyn en teen die tyd dat dit die kus bereik,is dit kokend warm en bring natuurlik massas stof ook saam.

Gister was die Duitse karnaval in die dorp en tussen die stof en hittewalms deur,het die spulletjie moedig met versierde vlotte die dorp op horings geneem.Oosweer is karnavaltyd.Die drankies vloei,die musiek speel,almal lag en kners maar geduldig op die sandkorrels tussen die tande!Daar was selfs ‘n steeks donkie in die parade.Hy het kort-kort vasgesteek en dan moes vele hande hom vorentoe stoot,want hy het eie-donkierig daarin geslaag om ‘n klomp keer die hele parade op te hou!

Walle stof by my voordeur.Dit help nie om te vee nie,want dan verstik jy boonop in jou eie stofstormpie
Walle stof by my voordeur.Dit help nie om te vee nie,want dan verstik jy boonop in jou eie stofstormpie
Gisteroggend kon mens amper nie die see sien nie.
Gisteroggend kon mens amper nie die see sien nie.

Brille raak dof van die stof en kameras bly liewer tuis.Die temperatuur styg tot hoog in die dertigs en net ‘n skuimende Tafelbier kan die dors behoorlik les.

Die voorspelling is dat die Oosweer nog tot Dinsdag ons metgesel is.Tot dan,sit ek knus in my kortbroek en plakkies vir ‘n branderlose see en kyk.Selfs die see se fut is uitgebaklei teen die nare Oostewind!

Advertisements

14 thoughts on “Wind,winderig,winderigste!”

    1. Swakop se water kom uit die Omaruru-Swakop- en Kuisebriviere.Al hierdie riviere loop onder die sand,dus word water uitgepomp.Water vir die tuine is hersirkuleerde rioolwater.Dit sit verligting op die sisteem..ipv om dit in die see in te pomp,spuit munisipale sproeiers dag en nag.Dis ongelooflik hoe mooi die tuine lyk.As dit nie Oosweer is nie,is dit soms baie mistig en dit dra ook by tot die groenigheid.Swakop se gemiddelde jaarlikse reenval is slegs 12mm.

      Liked by 2 people

    1. Gister was dit 22 minimum,35 maksimum.Tans is dit 32 en laasnag 23.Dis egter uitsonderlike weer.Normaalweg is die klimaat hier baie matig so tussen 15 en 27

      Like

      1. Dit is beter om 4×4 te hê,want meeste van die paaie is grondpaaie..egter baie goed onderhou.Die hoofweë is darem teer.Dis ‘n wonderlike land,min mense en pragtige wye ooptes.Ek het baie daaroor geskryf in my ou blogs as jy daar wil teruglees.

        Like

  1. O dit klink te lekker!

    Die fees, die hitte en die kortbroek en plakkies!

    Ag stuur bietjie van my ook van julle hitte seblief, ek verkluim hier. In die oggende as ek so 7 uur by die werk stop sê my kar gewoonlik enige iets van -2 tot -4. Ek weet nie hoe akuraat dit is nie, maar dit voel beslis so!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s