Perdeby is wéér die blixem in want

vanaand toe ons tuiskom,na ‘n lekker uiteet,moes ons vaskyk in ‘n stukkende skuifdeur wat oopstaan.Binne in die slaapkamer lê ‘n reuse groot klip en die spoor van regstellende inkopies strek van daar af!

‘n Werkskollega wat vanaand by ons oorslaap se laptop met al sy werk op plus sy beursie met 3000 Pula is geneem.In ons kantoor is die verdere verlies,my en manlief se selfone,manlief se splinternuwe laptop,my kamera en duur lens,wat hy verlede jaar vir my present gegee het.Vreemd genoeg is geen iPads geneem nie.Almal s’n het oop en bloot daar gelê.

Die deure was gesluit,die vensters toe en die alarm was aan…wys buitekant met ‘n duidelik rooi lig,sodat skelms kan sien dis aan.Terwyl ons uitgeëet het,het die hele dorp se krag vir omtrent vyf minute afgegaan.Dis in hierdie tyd dat die blixems toegeslaan het.Die sekuriteitsmaatskappy sê dat die hele dorp se alarms tydens kragonderbrekings,by hulle afgaan en dan werk hulle van ‘n punt af om uit te vind waar probleme is.

Die helsems weet dit natuurlik,gooi gou ‘n venster stukkend en verkas vinnig met hul buit.Hulle moes gouspeel,want in die kombuis was my laptop,wat gelukkig nie in ‘n kerskous gaan beland nie en in ons slaapkamer was nog kameras en verkykers,’n GPS en satelietfoon.

Ek moet seker nou dankbaar wees dat ons nie rot en kaal gesteel is nie en ook nie aangerand is terwyl ons hier was nie.Ek is hoog die donner in!!Perdeby vloek nie graag nie,maar vanaand was dit Vrystaat en Moedertjie en donderweer wat oor my lippies getier het,asook ‘n paar wrede voorstelle wat met sulke uitvaagsels gedoen moet word.

Dis nou al baie laat,maar ek moes dit uit my sisteem kry.Sal môre ‘n foto plaas.

Ek sien nou dis my tweehonderdste pos!Ek sou liewer iets meer feesteliks wou blog,maar nouja….suggg…sal maar probeer slaap so tussen die adrenalienwalms deur.

27 Replies to “Perdeby is wéér die blixem in want”

    1. Ja ek is alweer vroeg wakker ook,sit met ‘n helse kopseer.Te veel adrenalien gepomp.Vandag moet ons alles uitsorteer,skuifdeur regmaak,saaknommer kry,want môre gaan ons terug SA toe.

      Like

    1. Namibië.Orals dieselfde probleme,werkloosheid,oorbevolking,tsotsis wat mens teiken.Hulle het lankal ‘n probleem hier.

      Like

    1. Die slegste is dat die bliksems met al mens se privaatgoed sit.My selfoon met al my kontakte,foto’s.Dan ook dat hulle ons heeltyd moes dophou.Ek wil sommer opgooi van ontsteltenis.

      Like

      1. O ek dink dit kan beslis.

        My siening (Beslis nie die regte siening nie) is dat jou liggaam gewoond raak aan sy spasies en ruimtes en ritmes, en dan kom iemand en neuk dit op. Die ruimtes en ritmes van jou lyf in jou huis is deurmekaar gekrap. Ek weet dit maak geensins sin nie, dis maar net hoe ek dit sien! 😆

        Dis hoekom ek ook nie sommer mense te naby my toelaat nie. hulle versteur my goeters 😆

        Liked by 1 person

  1. Ek ken daai gevoel maar te goed. Hulle het al twee keer by ons ingebreek, en about 4 keer goed in ons erg gedief.
    Jy moet bietjie jou security company vra watse kak alarmstelsels instaleer hulle.
    Ons stelsel gaan nie net af as daar ‘n krag onderbreking is nie. Hy het ‘n langlewe battery wat inskop en dan werk die alarm soos normaal weg.

    Like

    1. Die alarm gaan op ‘n battery en het by Security afgegaan,maar tydens die kragonderbreking het almal se alarms afgegaan en hulle het nie genoeg mense om dieselfde tyd na al die huise te jaag nie.Inteendeel hierdie ouens was baie professioneel en het werklik uit hul pad gegaan om te help.Die polisie was absoluut hopeloos.

      Like

    1. Pure oppertunisme.Hulle lê heeldag rond en hou mens dop..het natuurlik ons vriende sien kom met laptops en bagasie.Dis soos ‘n smash en grab..hulle gee nie om as die alarms aan is nie.Die kragonderbreking was net ‘n bonus.Dis al die vierde keer wat dit met ons gebeur,net wanneer ons hier is.Die res van die jaar staan die huis leeg.Hulle weet mense kom met elektroniese kontrepsies en dis al wat hulle soek.

      Like

    1. My man sê as hulle geklop het en vyfduisend rand gevra het,het hulle meer gekry as waarvoor hulle die goed sou verkoop en dit sou ons veertigduisend rand gespaar het!

      Like

  2. Ag jis dis sleg.

    Die iPads is waarskynlik gelos omdat dit ‘n opspoorfunksie het. Die dat ál my devices nou Apple-produkte is. Moeg geraak om regstellende skenkings te doen.

    Sterkte!

    Like

  3. Ek HAAT dit as mense nie ander mense se goed kan uitlos nie. Vir maande is ons straat stil. Hierdie week twee insidente en ek is alweer te bang om saam my kinders te gaan stap.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +