Ek gaan..

so vir twee weke laaglê.Sal vertel as ek terug is.Tot dan liewe blogvriende,lekker bly en vou julle maar toe in die warm komberse!

Ons lewens…

Verloop in raampies.By geboorte is jy 'n kale mensie met geen gedefinieerdheid nie.Soos tyd aanstap,ontwikkel jy 'n raampie wat net jou eie is.Party mense waardeer wat hulle in die raampie sien,maar ander kyk met afguns daarna en is maar te bly as die raampie kraak of die foto verdof.Sommige van ons ontwikkel groot rame om …

Verdere Flippen Frustrerende Foonstories!

Punt nommer 14.Die dametjie sorteer alles mooi uit,stuur vir my E-pos met die swartlys nommer en 'n bewys dat ek 'n simswop gedoen het. 15.Die vreugdevure brand hoog omdat alles nou uitgesorteer is,maar manlief se skerp oë sien raak dat die rede vir 'n " simswop" was "non payment" i.p.v. "Stolen"! Wat sal 'n versekeringsmaatskappy …

Dwaasheid

Siende almal praat oor die koue,wil ek ook 'n eiertjie daaroor lê. Ons huis is soos 'n yskas en al skyn die son deur die vensters in party vertrekke,is hierdie oopplan,somergerigte woning,geen plesier in die winter nie. Die hele week bibber ons en steek net ons neuse by die kamerdeur uit vir proviand en koffie...ek …

My gunsteling sitplekkie..

is agter in die tuin.Dit was eers 'n verwaarloosde hoekie waar al die tuingemors,los bakstene,kruiwaens en oorskiet teëls gebêre was.Op 'n dag het ons net besluit dis 'n seer oog en aangesien manlief se kantoortjie op die plek uitkyk,besluit ons om 'n mooi hoekie agter die bosse te maak.Dis nou wel teen die tuinmuur,maar 'n …

Help asseblief!

Skielik kan ek nie foto's geplaas kry nie.Wanneer ek 'n nuwe pos skep,is daar geen opsie vir "insert media" nie,maar wel "create a gallery".As ek dit doen ,is dit sulke verpiepte foto'tjies,waarby die byskrifte ook iewers heen verdwyn!Net as alles mooi loop,verander die program...suggg.Dit voel soos 'n déjavu van Linet se blogs!

Landskappe…

is my gunstelinge om te fotograveer.Die plesier daarin,is om met 'n oogopslag 'n wye skoonheid na die brein te weerkaats.Die atmosfeer is ook belangrik en agterna moet die foto weer vir my kan terugplaas in daardie oomblik van asemlose verwondering.