Dwaasheid

Siende almal praat oor die koue,wil ek ook ‘n eiertjie daaroor lê. Ons huis is soos ‘n yskas en al skyn die son deur die vensters in party vertrekke,is hierdie oopplan,somergerigte woning,geen plesier in die winter nie.

Die hele week bibber ons en steek net ons neuse by die kamerdeur uit vir proviand en koffie…ek moet nou hier meld dat ons ‘n verwarmer onder die mat het en dis heerlik,veral as jy direk kruisbeen op die mat sit.Dan word mens se koue stert so saliglik warm en verkeer ek omtrent heeldag in hierdie mediterende posisie,met gevolglike nek- en rugspasmas.

Woensdag waag ek dit haarkapper toe en in ‘n onbesonne oomblik eis ek dat die knipster haar skêr goed deur my boskasie laat kou.Soos die hare vloer toe plons,wonder ek of ek dan nou my varkies kwyt is,maar ek knip nie ‘n oog nie.Na nog ‘n sarsie kleursel op die paar donse wat oor is,voel ek nog steeds onverskrokke en dapper…iets het net gefluister…”new look”..en aangesien ek deesdae worstel en wurg aan die oudword gedagte,besluit ek om iets te probeer wat my jeug sal terugwin!

Bwahahaa!Ek is die ene snawel en kabouter spitsoortjies en die hormoonvlekke op my gesig lyk soos sjokolade blertse.Die wolbaardjies agter my ore en onder my kinnebak, sprei uit soos spookasem op ‘n kerkbasaar.Die plooi tussen my oge,is dieper as die Visriviervallei en my kale nek,herinner aan dié van ‘n donskop volstruis.Onder my keel hang ‘n kloek,wat enige kalkoen rooi van jaloesie sal maak…ek is sommer lus en maak koeloe,koeloe koeloe,terwyl die nekvel so skud!

Sjoe,ek is uitgelewer sonder my hare en ergste van alles..my kop is yskoud.Ek het nooit besef hoe warm hare ‘n mens se kop hou nie en hoe dit “swakhede” kan kamoefleer nie!Nou weet ek hoekom manlief en ander bleskoppe in die winter na hulle “beanies”gryp.

Ydelheid en dwaasheid gaan hand aan hand!

 



 

 

20 Replies to “Dwaasheid”

  1. Aag wat, hare groei darem weer. My haarkapper het my Vrydag so effe misverstaan en is my hare weer amper die kortste in ons huis. Die ‘step’ agter is vyf tot ses sentimeter boontoe as wat ek dit bedoel het…. Die vreemdste is om jou hare te was en niks daar te voel nie 😀

    Like

    1. Haha Twakkies,jy laat my altyd lag.Wens ek kon jou sien in daai tjekbaadjie.Ek hoop nie jy trek die gemeente se aandag van die preek af nie!

      Like

    1. Haha ek lag vir jou angsaanvalle.Gelukkig kan ek nie goed sien nie,dus lyk ek nie te sleg as ek in die spieël kyk nie. 😆

      Like

  2. ek het laasweek dieselfde paadjie geloop ~ net een verskil is dat ek nie daarvoor gevra het nie, dametje het net ingeklim en geknip en boonop die een kant ver korter as die ander! ek loop nou maar so sodat dit effe kan uitgroei en weer reggeknip kan word. Dit was my 2e besoek aan haar die vorige keer het sy dit PRAGTIG geknip . Hoe verklaar mens dit tog

    Like

  3. Ja nee, oudword is nie vir sissies nie, om die cliché weer te op te diep. Lyk my in die senior jare begin mens se lyf weer te groei, kruis en dwars, dikker en affer. Hare raak op daar waar hulle altyd gegroei het, en duik onvewags op op plekke waar daar nie hare behoort te wees nie.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +