Flippen Frustrerende Foonstories!

1.Twee maande terug..BB val in vloerwaswater en MTN weier om eers te probeer om dit te laat regmaak.

2.Ek betaal vir nuwe selfoon,nadat hulle weier om my ‘n opgradering te gee,omdat dit een maand te vroeg is.Dit kos my ‘n aardige bedraggie,want ek koop toe ‘n goeie foon.

3.Die nuwe foon word gesteel tydens ‘n inbraak by ons huis in Namibië.

4.My seun laat die simkaart blok omdat dit makliker is in SA,maar hy kan dit nie laat “swartlys” nie,omdat ons dit persoonlik moet doen.

5.Die oomblik toe ons terug is in SA gaan ek en manlief na ons verskeie maatskappye vir nuwe fone en om die swartlys ding te doen..hy by Vodacom en ek by MTN.

6.Ek kry baie goeie diens en kon toe aanspraak maak op my opgradering.Toe moet ek ‘n ” simswop” doen wat my ‘n paar honderd Rand ekstra kos plus die ekstra op die nuwe foon,wat nie binne die opgradering val nie.

7.Die versekering eis nou ‘n nommer as bewys dat die foon op die swartlys is en ek tjoef weer MTN toe.

8.Lang gespook om die foon te laat swartlys.Ek moes vierkeer bel..dan is die persoon wat my gehelp het siek,dan het hoofkantoor nog niks laat weet nie en so karring dit aan.

9.Dis tien dae later sedert ek die eerste keer probeer het om my foon te swartlys.Intussen gebruik die dief my foon alte heerlik!

10.Vanoggend ry ek weer soontoe,slaggereed om hulle gas te gee.Die krag is af en al die personeel staan buite in die son..winkel gesluit!Donnerweer en bliksemstrale!!Twee ure later selfde storie.

11.Baie vies ry ek huis toe.Bel weer vanmiddag en word verseker die dametjie sal my binne vyf minute bel…hahahoho..twee ure later nog niks!

12.Ek bel weer en die vrou wat antwoord verseker my die ander dame werk aan die saak.Voor sy kan neersit,vertel ek baie liefies,met net ‘n klein sweempie sarkasme, my hele storie en dat Vodacom binne vyf minute my man kon help met swartlys en ‘n nommer as bewys netjies op papier uitgedruk.Sy sê toe sy sal die saak verder hanteer.

13.Sy bel my ‘n halfuur later en sê sy sal alles uitsorteer en epos.Dis punt nommer dertien…dalk is ek nou gelukkig!

Advertisements

10 thoughts on “Flippen Frustrerende Foonstories!”

  1. O my innigste simpatie! My foon is ook gesteel, toe besluit ek om niks van daai goed te doen nie en net vir my ‘n baie goedkopp eenvoudige foon te koop en dit werk soos ‘n bom, niks frustrasies nie, ek wag nou net dat my kontrak verstryk dan gaan ek sommer betaal soos ek bel en die middelman is uitgesny.Dis hulle wat die lewe so moeilik maak.

    Like

    1. Dis wat ek volgende keer gaan doen wanneer my kontrak verstryk.Mens het nie al hierdie funksies op die grênd fone nodig nie.Voor jy jou oë uitvee,betaal jy ‘n fortuin vir al die foefies.Dis jongmensgoed.

      Like

    1. Definitief en daar is soveel verskuilde kostes,dat dit mens kopseer gee!Ek dink ons word oral gemelk en ons is nie altyd daarvan bewus nie.

      Like

  2. oor selfoonverskaffers kan ek boekdele skryf – trouens ek dink al ons gebruikers het al op een of ander tyd die frustrasie van hulle powere diens ervaar
    ps. ek het 2X boodskap gekry dat jy jou blog toegemaak het voordat ek hier kon inkom!. het nou onthou om follow te merk, sal dus makliker wees in die toekoms

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s