Verdere Flippen Frustrerende Foonstories!

Punt nommer

14.Die dametjie sorteer alles mooi uit,stuur vir my E-pos met die swartlys nommer en ‘n bewys dat ek ‘n simswop gedoen het.

15.Die vreugdevure brand hoog omdat alles nou uitgesorteer is,maar manlief se skerp oë sien raak dat die rede vir ‘n ” simswop” was “non payment” i.p.v. “Stolen”! Wat sal ‘n versekeringsmaatskappy daarvan dink?

16.Weer bel,weer e-pos met die korrekte bewoording en alles is nou reg….

17.Wat!???Van gister af merk ek dat ek net noodnommers kan bel.Ek ontvang wel Whatsup,maar kan nêrens heen bel of oproepe ontvang nie.@&$?!!!!!!

18.Bel vandag vanaf landlyn na MTN winkel.Kry raad om battery en simkaart uit te haal of die simkaart in ‘n ander foon te toets.

19.Ek doen dit toe,met groot gesukkel en ‘n tweezer om daai piepklein kaartjie uit sy nessie te kry.

20.In die ander foon werk die kaart en daar is ontvangs…ou goedkoop klein Nokia wat alles kan doen wat ek nodig het….m.a.w. daar is fout met my splinternuwe opgegradeerde vervlakste veertiendae-oue vrekselse foon!

21.Ek sukkel my morsdood om die simkaart uit te kry en span naderhand ‘n naaldwerk “quick unpick” in,om agter die kaart in te kry en dit versigtig vorentoe te stoot…toe het ek alreeds oorweeg om die goedkoop Nokia te breek om die kosbare kaart te herwin!Gelukkig werk dit.

22.Bel weer MTN en moes nou afspraak maak met hul tegnikus om die foon na te gaan.

Ek is lus en slinger die ding in die yskoue swembad in en ek wens die weerlig tref die dief wat my soveel ellende besorg het!!

Perdeby is nou éérs die blixem in!

Advertisements

15 thoughts on “Verdere Flippen Frustrerende Foonstories!”

  1. Haal diep asem en hou dit so tot jy ‘n paar lee bottels in die hande het en gaan gooi dit teen die buite-muur stukkend en dan blaas jy jou asem uit en dan voel jy beter

    Like

    1. Ja,veral as mens in ag neem,watter kettingreaksie stelery tot gevolg het.Dis soos kabeldiefstal,nou die treinspore…alles het lelike na-draaie.Tussen hakies ons sleepwa se spaarwiel is ook hierdie week gesteel…wéér R2000 uit ons sak!

      Like

  2. O ek kan mos in die lewe nie so sukkel nie – ek het GEEN geduld. Grap is, ek sukkel ook so met alles. Altyd.

    Ek fantaseer al hoe my foon (of iPad of waarmee ek ookal sukkel, maar meeste my foon) in miljoene stukke spat soos ek dit teen die muur gooi!

    Maar ja, ek tel ook maar tot tien.

    Ai sterkte, ek hoop jy kom reg.

    Like

      1. Hehehe, ek kan ook nie so sukkel nie. Dit maak my lam. Ek het gister so dag by die werk gehad wat ek URE met ‘n bleddie dokument moes sukkel om die ding te edit. Dankie tog dis my werk, anders het ek die skerm LANKAL flenters gegooi! 😆

        Like

  3. Dat fone mens nou so kan frustreer. Laat amper vir Telkom met sy landlyne goed lyk! Ek vermoed van die grênd fone se sagteware werk nie altyd met die diensverskaffer se sagteware saam nie. Daar is ook van die duur fone wat berug is vir probleme lewer. Ek het al baie gwonder oor die swartlys stories – het al verneem dit is nie veel werd nie en daar is plekke en mense wat die net weer kan onswartlys. Sal graag die waarheid daaroor wil weet…. As diewe weet fone gaan geswartlys word, waarom steel hulle nog steeds so lustig selfone?

    Like

    1. Grap is,die swartlys werk net in SA.Buite die grense kan hulle na hartelus die foon gebruik,dus is my foon wat inNamibië gesteel is te heerlik in werking.

      Like

  4. Jy het jou frustrasie so duidelik gestel dat ek nou nie anders kon as om te lag nie. Jammer!!! Hoop werklik jy kom gou reg…. (fluister) Jy het my nou oortuig om wye draaie om MTN se deure te loop.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s