Ons lewens…

Verloop in raampies.

By geboorte is jy ‘n kale mensie met geen gedefinieerdheid nie.Soos tyd aanstap,ontwikkel jy ‘n raampie wat net jou eie is.Party mense waardeer wat hulle in die raampie sien,maar ander kyk met afguns daarna en is maar te bly as die raampie kraak of die foto verdof.

Sommige van ons ontwikkel groot rame om ons suksesvolle lewens daar te kan inpas.Hierdie rame kan soms op onbeskeie maniere in ander se kele afgedruk word.Partymaal is hierdie groot rame weer voorbeelde van beskeidenheid,nederigheid en dankbaarheid en beslis die moeite werd om teen jou lewensmuur te hang.

Soms val hierdie groot raam met ‘n slag van die muur af en die hele prentjie versplinter in duisend stukkies.Ons almal het al op so ‘n punt gekom en dis ‘n gelykmaker…geen raam is onbreekbaar nie.

Ons laaste raampie waarmee ons die lewe verlaat,is die raamwerk van ‘n kis en niemand,maar niemand kan hierdie raampie ontsnap nie…dus,geniet die raampie vol vreugde wat elke dag jou bied en waardeer die raampies van al jou vriende en geliefdes om jou!

Advertisements

19 thoughts on “Ons lewens…”

  1. Baie interessante metafoor. Deesdae kan ‘n mens nog ‘n aspek byvoeg: soms ‘phothoshop’ ons daardie raampie om ‘n onrealistiese fassade voor te hou…. Lekker Sondag vir jou XX

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s