Die Pantanal…’n ongelooflike plek.

Uiteindelik kry ek kans om te vertel waar ek was.Ons was vir tien dae in die Pantanal in Brasilië.Dis die grootste moeras in die wêreld,selfs vyftien keer groter as die Okavango in Botswana.Dis ‘n ongelooflike plek wat wemel van vreemde lewe.Dis die woonplek van die Nuwe Wêreld se grootste kat,die Jaguar.Dit spog ook met die grootste knaagdier op aarde genaamd die capybara.Die grootste papegaai nl die hyacinth macaw asook die besondere toco toekan kom ook hier voor.Die wêreld se grootste slangsoort,die groen anaconda,die kontinent se swaarste landsoogdier,die Suid-Amerikaanse tapir(soort miervreter)kom ook hier voor.Verder is dit die grootste vergaderplek van krokodille,die yacaré caiman.

In die volgende paar blogs sal ek breedvoerig vertel van die verskillende voëls en diere.

Die Transpantaneira is in 1976 gebou en is die enigste pad wat diep in die moerasgebied ingaan.Mens gaan oor 120 houtbruggeis om tot by die eindpunt te kom.
Die Transpantaneira is in 1976 gebou en is die enigste pad wat diep in die moerasgebied ingaan.Mens gaan oor 120 houtbruggies om tot by die eindpunt te kom.
Ons eerste blyplek was drie nagte by hierdie Fazenda (Portugees vir plaas of Ranch)
Ons eerste blyplek was drie nagte by hierdie Fazenda (Portugees vir plaas of Ranch)
Gedeelte van die lodge..baie basies maar heel gerieflik.
Gedeelte van die lodge..baie basies maar heel gerieflik.
Ons het elke dag jaguars gesien,dus het ons maar aandag geskenk aan hierdie waarskuwing.
Ons het elke dag jaguars gesien,dus het ons maar aandag geskenk aan hierdie waarskuwing.
Ons tweede blyplek was in 'n drywende hotel(flotel) diep in die Pantanal.Hier was ons vir vyf nagte.
Ons tweede blyplek was in ‘n drywende hotel(flotel) diep in die Pantanal.Hier was ons vir vyf nagte.
Ons was aangenaam verras met die verblyf,want die res van die flotel is redelik lendelam.Hierdie kamers is verlede jaar gebou en by die bestaande deel gevoeg.
Ons was aangenaam verras met die verblyf,want die res van die flotel is redelik lendelam.Hierdie kamers is verlede jaar gebou en by die bestaande deel gevoeg.
'nTipiese toneel in die Pantanal.Orals is water,water,water!
‘nTipiese toneel in die Pantanal.Orals is water,water,water!

Onthou om te kliek op die foto’s om beter te sien.

13 Replies to “Die Pantanal…’n ongelooflike plek.”

  1. WOW! Brasilië! Dit het ek nooit verwag nie!

    Ek is sommer groen jaloers! 🙂

    Ek kan nie wag vir die volgende inskrywings nie! Ek reis lekker saam hier! Bly julle is veilig terug weer.

    Like

  2. En (skuus Lou) julle kom maak nie eers ‘n draai nie. Ons is relatief naby en dreig nou al hoe lank om te gaan. Jou mooi foto’s en beskrywing, sal ons dalk motiveer. Ons eerste bestemming in daardie rigting, is ‘n plekkie met die naam Bonito.

    Like

  3. Ek het nogal gewonder of julle al daar was.Die voëllewe is ongelooflik.Ongelukkig is die tonele by jaguars bietjie woes…bote vol mense wat histeries foto’s probeer neem.Sal nog daarvan vertel.

    Like

    1. Ons was vir ses volle dae net op bootjies en die flotel en toe ek weer op vaste aarde kom,het ek twee dae lank gevoel of ek op en af dein.

      Like

  4. Natuurlik wil ek nou eerste weet hoekom het julle soontoe gegaan, die tweede wat ek wil sê ek hoop jy was elke oomblik dankbaar vir die ervaring, want ek sal my voortande gee……maar ek is ook dankbaar want nou kan ek sommer deur jou oê kyk, wag in spanning vir die volgende aflewering……

    Like

    1. Ons was op ‘n fotografietoer saam met ‘n ekspert wildlewefotograaf.Dus ons wou leer en natuurlik was dit ook om ons liefde vir die natuur uit te leef.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +