Tawwe Tienies van die Pantanal.

Die wêreld se grootste knaagdier trek die skaal op vyftig kilogram plus.Hierdie skatlike streng-gesig-klein-ogies-boksbek-skurwejas-dierasies het my hart gesteel.Capybaras word altyd naby water aangetref.Hulle knaag aan waterplante en swem uitstekend.Hulle smul veral aan waterhiasinte,wat natuurlik daar voorkom.Miskien moet ons ‘n gesinnetjie hierheen uitvoer om die plaag in ons mere en damme te bestry.Maar dan sit ons dalk met ander probleme!

Hul pote is gedeeltelik geweb en hulle kan selfs lang tye onder water wegduik,wanneer gevaar dreig.Die Jaguar is hul grootste vyand.Hul bly in familiegroepies en lê soms luilekker op sandbanke om uiltjies te knip.

'n Cappybara-gesinnetjie knip 'n uiltjie in laatmiddagson.
‘n Capybara-gesinnetjie knip ‘n uiltjie in laatmiddagson.
Pote is effens geweb en maak die capybara baie rats in die water.
Pote is effens geweb en maak die capybara baie rats in die water.
Die mannetjie Capybara is groter en swaarder as die wyfie en het 'n kenmerkende dik knop op sy neus.Dit lyk soos 'n eelt.Hierdie knaap het sy gebied afgebaken en kraai koning op sy eie mishoop!
Die mannetjie Capybara is groter en swaarder as die wyfie en het ‘n kenmerkende dik knop op sy neus.Dit lyk soos ‘n eelt.Hierdie knaap het sy gebied afgebaken en kraai koning op sy eie mishoop!
Mammie gaap dat jy net plantgevlekte plaaktande sien!
Mammie gaap dat jy net plantgevlekte plaaktande sien!
Tipiese swemtoneeltjie.Die hele gesinnetjie klim netnou uit die water om iewers te gaan slaap.
Tipiese swemtoneeltjie.Die hele gesinnetjie klim netnou uit die water om iewers te gaan slaap.
Pappie slurp vir oulaas die laaste strale van die middagson op.
Pappie slurp vir oulaas die laaste strale van die middagson op.
Advertisements

8 thoughts on “Tawwe Tienies van die Pantanal.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s