Ek is ‘n eensame krokodil…

Die mense kyk na my en GRIL!

Die Yacaré Kaaiman van die Pantanal,voldoen aan hierdie beskrywing,behalwe dat hy nie eensaam is nie!Daar is ses spesies kaaiman en almal behoort aan die familie Alligatoridae.Al is die yacaré een van die wereld se kleiner krokodilsoorte,word dit maklik twee tot drie meter lank.

In die Pantanal bestaan hul diëet uit capybara,reiers en vis.Tydens die droeë seisoen vergader honderde van hierdie effe grillerige wesens in en rondom water en dis ‘n ongelooflike gesig.

Tydens die twintigste eeu is hierdie reptiele gewetenloos afgemaai vir hul velle en selfs gedurende 1980 is ‘n miljoen per jaar ge-oes!Sedert 1990 is streng wetgewing in die handel van yacaré-produkte,ingestel.Die getalle het merkwaardig toegeneem en na raming is daar tans 35miljoen! Wonderlike nuus vir bewaring.

Dis nie 'n ongewone gesig om vele yacare's saam te sien le nie.
Dis nie ‘n ongewone gesig om vele yacaré’s saam te sien lê nie.
Wanneer 'n yacare onder water gaan het hy flappe wat oor sy neus,keel en ore gaan,om water te keer.
Wanneer ‘n yacaré onder water gaan het hy flappe wat oor sy neus,keel en ore gaan,om water te keer.
Deursigtige lense beskerm sy oe onder water.
Deursigtige lense beskerm sy oë onder water.
Middagson weerkaats deur sy tande.
Middagson weerkaats deur sy tande.
Selfs al is hy nog klein,lyk hy maar kwaai.
Selfs al is hy nog klein,lyk hy maar kwaai.
Ek glimlag,want 'n skoenlapper kielie my wang!
Ek glimlag,want ‘n skoenlapper kielie my lip!
Advertisements

14 thoughts on “Ek is ‘n eensame krokodil…”

  1. Die plek wemel van die yacare’s.Gelukkig vang hulle nie mense nie en is dit heel veilig om naby hulle verby te stap.Moet egter nie met hulle sukkel nie!

    Like

    1. Ag spokie,ek doen dit net as ‘n stokperdjie en wil nie regtig betrokke raak by die fotografiekompetisie daarbuite nie.Dis ‘n ander wêreld vol jaloers mense,waarby ek nie betrokke wil raak nie.

      Like

  2. Eish 35-duisend klink vir my na oorbevolking, as jy hulle almal bo-p mekaar stapel moet die omtrent ‘n berg krokodille wees, my brein wil dit nie verwerk nie

    Like

  3. Dis ‘n ongelooflike groot gebied waaroor hulle versprei is..geskat op 140,000 tot 210,000 vierkante kilometer.Baie van die area is nog nie behoorlik ondersoek nie.’n Gedeelte lê in Bolivië en Paraguay ook.Grootste gedeelte is in Brasilië.

    Like

    1. Mens moet maar altyd versigtig wees naby wilde diere.Daar was nog geen gevalle waar kaaimanne mense gevang het nie,maar as hul capybara kan vang,dan sal dit maklik wees om ‘n mens ook te vang..is maar liewer bangjan as dooijan!

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s