Die mense kyk na my en GRIL!
Die Yacaré Kaaiman van die Pantanal,voldoen aan hierdie beskrywing,behalwe dat hy nie eensaam is nie!Daar is ses spesies kaaiman en almal behoort aan die familie Alligatoridae.Al is die yacaré een van die wereld se kleiner krokodilsoorte,word dit maklik twee tot drie meter lank.
In die Pantanal bestaan hul diëet uit capybara,reiers en vis.Tydens die droeë seisoen vergader honderde van hierdie effe grillerige wesens in en rondom water en dis ‘n ongelooflike gesig.
Tydens die twintigste eeu is hierdie reptiele gewetenloos afgemaai vir hul velle en selfs gedurende 1980 is ‘n miljoen per jaar ge-oes!Sedert 1990 is streng wetgewing in die handel van yacaré-produkte,ingestel.Die getalle het merkwaardig toegeneem en na raming is daar tans 35miljoen! Wonderlike nuus vir bewaring.
Dis voorwaar wonderlike nuus vir bewaring!
Ag en die kleintjie is te oulik! En die een wat so breed smile vir jou kamera!
LikeLike
Die plek wemel van die yacare’s.Gelukkig vang hulle nie mense nie en is dit heel veilig om naby hulle verby te stap.Moet egter nie met hulle sukkel nie!
LikeLike
Sjoe Perdebytjie – jou fotos is ongelooflik goed. Stuur vir Weg! tydskrif jou beste een. Ek dink jy kan wen met hierdie kwaliteit
LikeLike
Ag spokie,ek doen dit net as ‘n stokperdjie en wil nie regtig betrokke raak by die fotografiekompetisie daarbuite nie.Dis ‘n ander wêreld vol jaloers mense,waarby ek nie betrokke wil raak nie.
LikeLike
Eish 35-duisend klink vir my na oorbevolking, as jy hulle almal bo-p mekaar stapel moet die omtrent ‘n berg krokodille wees, my brein wil dit nie verwerk nie
LikeLike
Dis ‘n ongelooflike groot gebied waaroor hulle versprei is..geskat op 140,000 tot 210,000 vierkante kilometer.Baie van die area is nog nie behoorlik ondersoek nie.’n Gedeelte lê in Bolivië en Paraguay ook.Grootste gedeelte is in Brasilië.
LikeLike
Ek glo jou dat hulle iets anders eet vir daaglikse spyse… maar o bloed en trane ek sal maar versigtig wees.
LikeLike
Mens moet maar altyd versigtig wees naby wilde diere.Daar was nog geen gevalle waar kaaimanne mense gevang het nie,maar as hul capybara kan vang,dan sal dit maklik wees om ‘n mens ook te vang..is maar liewer bangjan as dooijan!
LikeLiked by 1 person
Pragtige foto’s … die kleintjie is so cute!
LikeLike
Dankie Tina.Dis maar grillerige diere,maar hul maak mooi foto’s omdat hulle so stil lê.
LikeLiked by 1 person
hehehehe dis waar soos ;n koei Ek het bv geen skoenlapper in my versameling want hulle sit nie stil nie
LikeLike
Daar is darem ‘n skoenlapper op die laaste kaaiman se lip aan die linkerkant.Kyk mooi.Ek is jou een voor..hehe!
LikeLike
Ek bedoel aan die REGTERKANT is die skoenlapper.Ek het altyd my rigtings verkeerd! 😆
LikeLike
Die kaaimannetjie met die skoenlapper wat hom kielie gee my sommer ook n lekker smile!
Fantastiese fotos, almal van hulle, Dina.
LikeLike