Die Kat kom weer

Die hoogtepunt van ‘n besoek aan die Pantanal,is om die geheimsinnige Jaguar te sien.Naas die tier en leeu,is dit die derde grootste kat op aarde.Met sy diep borskas,breë kop en stewige bou,is ‘n mannetjie jaguar van kop tot stertpunt 2.5meter lank en weeg maklik 130kilogram.Gemeet teen ‘n groot mannetjie luiperd,wat 90k weeg,is dit ‘n aansienlike groter kat!

Hulle is wouddiere en patrolleer rivieroewers.Hulle kan uitstekend swem en dis geen probleem om riviere te kruis nie.Hulle het groot prooi nodig om te oorleef,daarom het hul ‘n groot habitat nodig.Daar word bereken dat daar ongeveer drie tot sewe jaguars per honderd vierkantemeter in die Pantanal is.Die merke op hul koppe verskil en hul word daaraan uitgeken.

Hul byt hul prooi agter in die kopbeen en dis genoeg om ‘n reuse kaaiman,bees,capybara,waterskilpad en armadilla dood te maak.

Niemand weet hoeveel van hierdie diere nog oor is nie,maar hulle is uiters bedreigd.In die laat sestigerjare is tot 15000 pelse per jaar uitgevoer.Gelukkig is daar nou ‘n verbod op die handel van pelse.Nou is daar nog steeds konflik met beesboere wat verliese lei en jaguars genadeloos afmaai.Daar is pogings om boere te oortuig van die belangrikheid van toerisme en vergoeding word aangebied vir beeste wat slagoffers was.Dit gaan maar moeilik,want dis diepgewortelde haat tussen wilde dier en mens,wat al eeue hier paasvind.Daar is ook boere wat geldmaak uit jagtery teen US$20,000 vir ‘n jaguar trofee!

‘n Verdere bedreiging is die uitkap van woude en die toenemende naderkruip van mense en vee.Die enigste redding vir hierdie diere is om toerisme aan te moedig en die plaaslike bevolking te oortuig van hul waarde.Toerisme is hier nog in sy kinderskoene,maar daar is darem ‘n ligpuntjie in die duisternis.

Sal in my volgende blog foto’s plaas en meer vertel van die toerismebedryf.

Advertisements

14 thoughts on “Die Kat kom weer”

  1. Ag toggie hoe meer ek lees wat aangaan op ons planeet, hoe hartseerder raak ek. Miskien is ek net bietjie moeg op die oomblik, maar ek wens die tyd van die leeu en die lam wat saamlê wil nou aanbreek.

    Like

    1. Gelukkig is daar mense wat geweldig hard werk en pogings aanwend om die ding om te swaai.As hulle die boere kan oortuig dat toerisme lonender is as beesboerdery,is dit twee vlieë met een klap.Weg met beeste en ontbossing sal dan ook onnodig wees.

      Like

    1. Dis so ‘n woeste ongerepte plek,maar steeds slaag die mens daarin om dit op te foeter.Ek dink egter hier gaan grootskaalse verbetering in verhoudings met die natuur plaasvind,want daar is ‘n positiewe bewusmakingsveldtog om die ding te probeer omswaai.

      Liked by 1 person

  2. Dis waar wat jy sê oor die boere, maar hier by ons het ‘n wonderwerk gebeur, die boere help nou die Landmark Foundation om die luiperds te merk, almal het nogals trots die bordjies by hulle plase opgesit. Die Riviersonderend bergreeks is baie ongerep so dis ‘n veilige omgewing vir hulle…

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s