Katkenades in die Pantanal.

Ons het elke dag jaguars gesien en dit was elke keer ‘n belewenis!Die menslike faktor het natuurlik daarvoor gesorg.Met die oplewing van toerisme,is daar nou heelwat toergidse wat met bootjies op die wye riviere vaar.Wanneer ‘n kolkat gewaar word,word daar geradio en almal jaag teen die spoed van witlig na die plek toe.Soms is die kat al weg teen die tyd wat die massa bootjies daar aankom en dit lyk soos die Spaanse Armada wat daar ronddobber!

Wanneer die jaguar egter op die rivieroewer uitspan,is dit ‘n kat van ‘n ander kleur.Elke bootjie word sorgvuldig geposisioneer…die boot wat eerste was,het die beste plek,want dis “hulle” jaguar.Dan begin die groot gewag vir die wenfoto.Sambrele word uitgehaal en die son braai al jou vet uit,terwyl ta heerlik in die skaduwee slaap en net soms sy kop oplig.Mens kry eintlik lag vir al die fensie kameras en lense en die atmosfeer is half feestelik op die bote.Moet net nie voor ‘n ander boot indruk nie!Oor die algemeen was daar altyd baie goedgesindheid.

Partymaal is dit net ‘n paar kolle wat sigbaar is en slegs eenmaal het ons teen skemeraand een in die ooptes gesien.Die lig was toe al te sleg vir ‘n goeie foto!

Lui tweeling boetie en sussie.
Lui tweeling boetie en sussie.
Jong mannetjie,wat saam met sy sussie lank op die oewer gele het.Dit was baie moeilik om af te neem,want on bootjie was in 'n slegte posisie.
Jong mannetjie,wat saam met sy sussie lank op die oewer gelê het.Dit was baie moeilik om af te neem,want ons bootjie was in ‘n slegte posisie.
Hierdie uitspannery kon vir ure aangaan en dit was net die"hardcore" bote wat heeldag daar gesit het.Ons het later besluit om liewer pad te gee en te gaan eet!
Hierdie uitspannery kon vir ure aangaan en dit was net die”hardcore” bote wat heeldag daar gesit het.Ons het later besluit om liewer pad te gee en te gaan eet!
Laatmiddag bonus,maar swak foto!
Laatmiddag bonus,maar swak foto!
Gesellige samesyn by 'n jaguar toneel.Glo my,dit was warm en op 'n bobberende boot,kry jy geen skerp foto nie!
Gesellige samesyn by ‘n jaguar toneel.Glo my,dit was warm en op ‘n dobberende boot,kry jy geen skerp foto nie!
Advertisements

10 thoughts on “Katkenades in die Pantanal.”

    1. Ja dit was nogal pret!Ek was ongelukkig nooit in ‘n bootjie wat eerste die jaguar gesien het nie.Met gevolg,dat ons altyd in ‘n slegte posisie vir fotografie was.

      Like

  1. Ja,ons het dieselfde vir mekaar gesê oor die Krugerwildtuin.Dit was baie moeilik om goeie foto’s te kry en ek het bitter min waarmee ek tevrede is.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s