Daar is ‘n Apie…

op ‘n stokkie voor my ma se agterdeur.Hy’t ‘n gaatjie in sy broekie en sy stertjie loer daardeur!

My apies is egter gelukkiger,want hul woon VRY in die Pantanal.Ek wens mense wil ophou om ape as troeteldiere aan te hou.Wanneer mens die ingewikkelde sosiale struktuur van ape sien,is dit skandalig dat enkeldiere aangehou word vir die mens se vermaak!

Swartstert Marmoset.Aan die buitewyke van die stad Cuiaba,is daar 'n klein stukkie woud oor,waar 'n Braziliaan,manmoedig veg om ontwikkelaars weg te hou.Hy het hom oor hierdie apies ontferm.
Swartstert Marmoset.Aan die buitewyke van die stad Cuiabá,is daar ‘n klein stukkie woud oor,waar ‘n Braziliaan,manmoedig veg om ontwikkelaars weg te hou.Hy het hom oor hierdie apies ontferm.
Jong marmosetapies.Hierdie klein aapsoort weeg 70 tot 600gram.
Jong marmosetapies.Hierdie klein aapsoort weeg 70 tot 600gram.Dis een van min aapsoorte wat geboorte skenk aan ‘n tweeling.
Volwasse marmoset.Hulle is omnivore en eet ook sap en gom van bome.
Volwasse marmoset.Hulle is omnivore en eet ook sap en gom van bome.
Howler Monkey.Hierdie aapsoort is geweldig vokaal vroegoggend en skemeraand.Sy stert is soos 'n ekstra ledemaat en laat hom maklik klou aan takke.Hulle kom selde grond toe en leef in die blaredak van vrugte,blomme en meestal blare.
Howler Monkey.Hierdie aapsoort is geweldig vokaal vroegoggend en skemeraand.Sy stert is soos ‘n ekstra ledemaat en laat hom maklik klou aan takke.Hulle kom selde grond toe en leef in die blaredak van vrugte,blomme en meestal blare.
Black-striped tufted capuchin.Hierdie apies kom in groot familiegroepe voor,tot soveel as veertig.
Black-striped tufted capuchin.Hierdie apies kom in groot familiegroepe voor,tot soveel as veertig.
Capuchins eet vrugte,sade,klein reptiele,eiers en selfs klein voeltjies.
Capuchins eet vrugte,sade,klein reptiele,eiers en selfs klein voëltjies.
Capuchins is baie lawaaierig en sal selfs op die grond loop en kos soek.
Capuchins is baie lawaaierig en sal selfs op die grond loop en kos soek.
Capuchin mannetjie.Daar is gewoonlik net een mannetjie by 'n familiegroep.
Capuchin mannetjie.Daar is gewoonlik net een mannetjie by ‘n familiegroep.

 

Advertisements

8 thoughts on “Daar is ‘n Apie…”

  1. Dit lyk of julle trippie omtrent ‘n avontuur was!

    Ek HAAT dit ook as mense hulle as troeteldiere aanhou (dis wreed), EN dan nog doeke vir hulle aantrek. EN dan nog met hulle in die dorp rondloop.

    Ek is nogal bang vir apies, en ons was eendag in ‘n kampwinkel waar iemand ook so apie in ‘n doek gehad het. Terwyl ons toe nou staan en betaal sal die apie juis mos nou op my spring. Ek was amper dood. Ek wens mense wil eerstens die diere in ag neem, en dan ander mense om hulle.

    Like

    1. Ja dit was!Ek het soveel nuwe dinge geleer.Ek ken die natuur in Afrika,dus was hierdie iets heel anders…nogal vreemd.
      Ape is gevaarlike goedjies.Hulle het vlymskerp tande en bly steeds wilde diere,al is hulle “mak”.

      Like

  2. Wow! Pragtig. Ek wil dit nie hardop sê, maar hulle het (amper) mooier ape dan ons in SA. Ek speel – jou fotos is pragtig. Jou Capuchins-foto’s laat my baie dink aan die Samango-aap hier in Magoebaskloof. Ook bedreigde spesie. Maar hulle word so groot soos die blou-ape. Eks nie seker oor die capuchin se grootte.

    Like

  3. Lekker ryk verskeidenheid apies daar in Pantanal ne? Jou fotos is weereens briljant Dina.

    En ek wens mense wil ophou om wilde apies te voer, nevermind die goedjies aanhou vir troeteldiere.

    Like

    1. Daar is nog meer aapsoorte,maar ons kon nie almal te siene kry nie.Die voerdery is nogal ‘n probleem.Dan word die ape baie lastig en aggressief!Dankie vir inloer!

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s