Liefste Dylan…

Vrydag ‘n jaar gelede,is jy en my kleinseuntjie op dieselfde dag gebore.Ek en jou ouma was saam verheug oor ons pragtige babatjies.Ons het uitgesien daarna om julle vordering dop te hou,soos wat julle groei en ontwikkel.Ons wou julle saam parkie toe stoot in jul waentjies en julle onder die bome laat lê om te kyk vir die voëltjies en die blou lug,saam met julle uitsien na eerste dae op kleuterskool,skool en al die dingetjies wat ‘n ouma saam met haar kleinkind doen.

Dinge het egter anders uitgewerk.Drie dae na jou geboorte het jy meningitis opgedoen.Dae van louter hel het op jou en jou ouers gewag.Party dae het jy tot dertig stuiptrekkings gekry.Jy was heeltyd op sterk medikasie en soms net ‘n verwese stil bondeltjie in jou hospitaalbed.Die beste neuroloë en pediaters het alles probeer.Vir omtrent vier maande het dit goed gegaan en dit het gelyk of jy vordering maak.

Toe loop alles weer verkeerd,liefste seuntjie.Daar was die een terugslag na die ander en eindelik moes ‘n ventilator jou help asemhaal.Vanoggend is die masjiene afgeskakel en jou moeë liggaampie het die stryd gewonne gegee.

My kleinseuntjie sal na die voëltjies en die blou lug kyk en weet daar was ‘n  ander seuntjie wat dolgraag dieselfde sou wou doen.

Rus sag,liewe Dylan…..

Advertisements

20 thoughts on “Liefste Dylan…”

      1. Weet jy, die meisie wat saam my werk se seuntjie is ook so 2 of 3 jaar gelede oorlede aan breinvliesontsteking, hy was 4 maande oud. Hy het bo-op dit een of ander super bug ook gehad, en is binne 10 ure oorlede. Ek sien elke dag hoe sy en haar man sukkel met dit, en my hart breek. Ek kan niks doen of sê nie, want ek weet nie wat dit is waardeer hulle gaan nie.

        Dis tye soos dit wat ek ‘n vinnige fluistergebedjie opsê en net weereens dankie sê vir my gesonde kinders.

        Mens kan net bid.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s