‘n Amarilla vir Ma

Liefste Mammie

Ma sou vandag vyf-en-negentig jaar oud geword het.Al is Ma al elf jaar weg,voel dit nog steeds soos gister toe ons moes totsiens se.Dis nie meer seer nie,maar die herinneringe aan ‘n wonderlike mens,bring steeds ‘n knop in my keel.

Deesdae gaan my gedagtes baie ver terug en ek beleef weer my skooldae.Ek en Ma was so na aan mekaar.Ek onthou nog hoe Ma my altyd moed ingepraat het ,deur moeilike hormoonbelaaide tienerjare,by my gestaan het toe ek soms radeloos gesukkel was met studies,my raadgegee het met my eie kinders se opvoeding.Ek wil nog soms die foon oplig en Ma vertel van goeie dinge wat met my gebeur,spog met ons kleinseuntjie,Ma gerusstel dat al die kleinkinders hul plekkies in die lewe gevind het…

Buite onder die grasdak,staan Ma se pot met Amarillas,wat ek hierheen gebring het,toe ons Ma se huisie leeggemaak het.Twaalf jaar al,elke lente,stoot die knoppe uit geilgroen blare en kelk uit in die mooiste blomme.Hierdie jaar is hul prag besonders en ek het dertien knoppe getel.Van gister af is daar agt oop.Liefste Ma,dis spesiaal vir mammie….

IMG_4730aIMG_4733aIMG_4728a

Advertisements

23 thoughts on “‘n Amarilla vir Ma”

  1. Pragtige herinneringe en blomme ook. Die kleur is so diep en koninklik. Sug, so baie wat mens nog sou wou deel. Ek het ook partymaal behoefte om te bel en te vertel van dingetjies waarin ons beide belanggestel het.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s