Natuur…

is oral om ons en by ons.’n Mens moet net jou omgewingsbril opsit.Gisteroggend het ek meer as twee ure in my tuin gesit en sommer niks gedoen nie.Eintlik is dit nie waar nie.Ek het my sintuie opgeskerp.Dis nogal ‘n kuns om in ons gejaagde lewe net te gaan sit en stil te raak.

Om my was dit ‘n kakofonie van hadidas,kokokok van kwêvoels,die opgewonde gepiep van histeriese babavoëltjies,die getjilp van mossies en die gekirrr van tortelduiwe.Tussendeur was daar huishoudelike geluide van besems wat vee,huishulpe wat gesels en die bure se kindertjies wat vrolik speel.Al hierdie geluide het my ‘n salige gevoel van lewe gegee.’n Mens het nie aardskuddende gebeurtenisse nodig om gelukkig te wees nie…dis hier in en om jou!

‘n Verdere bonus was die duetgesang van twee rooikophoutkappers en my kamera het gekliek-kliek om die paartjie se bedrywighede vas te vang…

IMG_4792IMG_4803IMG_4800

Advertisements

24 thoughts on “Natuur…”

  1. Dis pragtige foto’s soos altyd!

    Ek het net vanoggend ‘n foto (sommer met my selfoon) geneem van my boom waar ek gewoonlik sit as die huis te besig raak. Dit was net na 6 vanoggend en die son het sommer net so lekker geskyn, ek was sommer in ‘n goeie bui!

    Ons tuin en buurt is vreeslik stil, behalwe vir die voels en honde. Ek gaan sommer nou vir jou my foto daar op my blog sit!

    Like

  2. Wow!!!! Ons het verlede jaar so n paartjie gehad maar ek kon nie sulke gehalte fotos neem nie. Hulle is BEAUTIFUL. Ek het so gehoop hulle kom weer hiernatoe maar toe het hulle n ander huis gekoop.:(

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s