Ontmoetings met besondere bome…Deel1

Bome is een van die mees besondere aardbewoners en het my nog altyd geboei.In ons daaglikse handel en wandel dink ons nie eers tweemaal aan die werklike onskatbare waarde van ‘n boom nie.Ons neem die bestaan daarvan as so vanselfsprekend aan,soos water en asemhaal.

Die feit dat bome so oud kan word,maak hulle nog meer besonders.Wanneer mens onder so ‘n ou reus staan,is dit moeilik om jou in te dink,dat hy eeue sien verbygaan het en ernstige aanslae moes verduur.

Op ons reise na besondere plekke,het ek ‘n paar sulke oues raakgeloop en wil graag hulde bring aan hierdie houtwesens.

Kaokoland 266
Stam van horingou mopanieboom.Hierdie bome groei wydverspreid in Namibie.Hierdie foto is geneem in die Huabrivierbedding en is verseker ‘n paar honderd jaar oud.
IMG_2387
Ons tentjie is verdwerg onder hierdie Kremetartboom,in die omgewing van Tsumkwe,’n klein gehuggie,waar Boesmans woon.Dis in die Nyae Nyae bewaringsgebied…ongelooflike interessante wereld.
_MG_4275a
Baie ou kameeldoringboom in die Aba-Huabrivier,Damaraland.
_MG_4277
Die knoetserige stam,spreek van goeie en slegte jare.
_MG_4276
Die tekstuur van hierdie dwarstak,vorm die mooiste patrone.
_MG_4280
Nog nader…
Advertisements

18 thoughts on “Ontmoetings met besondere bome…Deel1”

  1. Sjoe, dis fantastiese bome, dankie vir die deel Perdebytjie!

    Ek wonder altyd hoeveel mense onder ‘n spesifieke boom gesit het. En as bome kon praat, dink net al die stories wat hulle kon vertel.

    Like

      1. Ek het nog ‘n foto bygesit,wat jy nou gemis het.Dis ‘n tak van naby af.Hierdie ou bome slaan my asem weg!

        Like

  2. Jong ek het mos ‘n ding oor bome…….Jare terug in Potch het hulle die plaveisel tot reg om die stam van daai massiewe akkerbome gesit, toe gaan ek en ‘n vriend en bind swart lint om die hele ry bome, sulke goed ontstel my geweldig.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s