Ontmoetings met besondere bome deel 3

Dit was Oktober 2011.Manlief en ek het oppad na Moremi in Botswana,’n draai gegooi in die Nxaipan Nasionale Park.Ons het ‘n nag gekampeer naby Baines’ Boababs.Wat ‘n ongelooflike ervaring!

Dit was kokend warm..oor vyf-en-veertig grade celcius,en ‘n vurige wind het oor die vlaktes getier en die aanvoelbare temperatuur opgestoot tot maklik vyftig grade.Alles was pikswart gebrand,doods en somber.Die enigste geluid was die gehuil van die wind oor die Kudiakam Pan,langs die ongelooflike kremetartwoud,wat  in 1862 deur Thomas Baines  en John Chapman ontdek is.Hierdie ontdekkingsreisigers en avonturiers,was oppad na die Victoriawaterval,toe hulle op hierdie besondere plek afgekom het.Baines,wat ‘n bekende skilder was,het die bome geskilder en vandag nog lyk hulle presies net soos meer as ‘n eeu gelede!Hulle was in die somer daar,toe die bome vol blare was.Ons was daar na die winter,voor die reënseisoen,sekerlik in die lelikste tyd van die jaar.Nogtans kon ons die naakte,rou, verlate skoonheid van hierdie plek ,waardeer.

Ons was twee siele,stoksielalleen,met net die wind se vlammende asemteue teen ons velle!

IMG_0697
‘n Gedeelte van die kremetartwoud,met die Kudiakam Pan sigbaar aan die regterkant.
IMG_0699
Van die ou reuse het omgeval,maar lyk nog steeds indrukwekkend!
IMG_0700
Wortels krul soos verwronge vingers ineen.
IMG_0701
Groot regop reuse met die soutpan sigbaar.
IMG_0702
Daar was baie verskillende prentjies om af te neem!
IMG_0704
Van die pan se kant af,lyk die woud so.Al die bome in die agtergrond is kremetarte.
IMG_0693
Ons tentjie en sleepwa….alleen langs ‘n grys windverwaaide massiewe soutpan.
Advertisements

16 thoughts on “Ontmoetings met besondere bome deel 3”

    1. Dankie Dries.Die lig was so hard en grys,maar dis hoe dit gelyk het.Ons gaan in die somer weer soontoe en ek hoop om dan ‘n paar beblaarde bome af te neem.

      Liked by 1 person

  1. Sjoe, besonderse fotos! Snaaks, ek ry net vanoggend verby so ‘n boom (veel kleiner) en sien die eerste groen blaartjies wat daaraan begin vorm neem. Jou fotos vertoon rerig soos vingers. (Like jul kamplekkie – Boswa. Ons kamp ook in so Bush-baby)

    Like

  2. Dis baie gerieflik,aangesien ons altyd na plekke gaan waar nie water is nie.Dan kom die waentjie handig te pas met sy ingeboude watertenk.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s