Pienk Japonne en ‘n lekker koppie tee…opgedra aan alle vroue.

Dis weer daardie tyd van die jaar…borskankermaand en mammogramlyding!

Vriendin en ek het Woensdag sommer saam gegaan na die borskliniek in Linksfield.Ons was omtrent gespanne,maar met ons aankoms in hierdie vriendelike huis,het die personeel ons sommer gou tuis laat voel.My vorige ervarings was by gewone hospitale se X-straalafdelings en dit was maar worsmasjiene en koue onpersoonlike behandeling.

Hier is ons in netjiese skoon,pienk japonnetjies aangetrek en die wagtyd was regtig kort.Die dametjie wat die mammogram gedoen het,het dit met deernis en respek hanteer en vir geen oomblik het ek te ongemaklik gevoel nie.

Ongelukkig,wys daar toe ietsie aan die regterkant…reeds ‘n vorige keer ook ‘n probleem daar gehad,wat toe darem nie ‘n probleem was nie.Net daar en dan doen die dokter…klein vroutjie met groot bril en baie professioneel..’n biopsie.Mensig,ek het my flou geskrik,maar met gerusstellende woorde van die assistent se kant en ‘n presiese verduideliking van hoe die affêre werk,sluk ek toe maar ‘n paar knoppe weg en staal my vir die martelinstrument.

Nou ja,inspuitinkie (of is dit tjie?…ek het skoon my spelvermoë weggeskrik..weet ook skielik nie of vermoë een of twee e’s het nie!) in daardie sagste van sagte plekkies en alle gevoel is weg.Toe word die pinkie-dikke-instrument versigtig gesteek tot by die geknopte!Ek volg alles op die skerm en verwonder my aan die moderne tegnologie.Skielik is daar ‘n harde knal,soos wat die instrument ‘n stukkie van die ongenooide gas,afknip.Die proses word weer herhaal en nog ‘n stukkie verdwyn in ‘n botteltjie vir patologiese ondersoek.

Ek het effens geklappertand van die skok,maar met bemoedigende woorde,’n heerlike koppie tee en ‘n yspakkie op die teerste van teerplekkies,is ek sitgemaak in ‘n lekker sagte stoel.Nadat die dametjie seker gemaak het ,ek is kalm,is ek en vriendin daar uit.

Nou is dit net wag en hoop vir die beste.

Advertisements

21 thoughts on “Pienk Japonne en ‘n lekker koppie tee…opgedra aan alle vroue.”

    1. Ek het altyd nog ‘n probleem gehad met operasieletsels en die dokter dink ook dis net ‘n vergroeisel van die vorige keer wat daar ‘n nie-kwaadaardige knop verwyder is.Ek is baie positief!

      Liked by 1 person

  1. O ken ek nie daai gevoel nie … My GP het sommer daai naald ingedruk en vloeistof uitgetrek en vrolik beduie dit sommer niks. Ek het al die begrafnislied uitgesoek gehad. Bly hulle het goeie moed – hulle gewoonlik reg.

    Like

  2. Dit bly maar n gedoente die “toetse” en “ondersoeke”. Hier is dit ook sulke tyd. Dr sien dis tyd vir mammogram en pols my of ek dit sal doen(alles is gratis omdat ek bo 65 is) Dr noem toe dis net tot ek 69 is dan word dit nie meer gedoen nie. Toe gese ek slaan dit maar oor want dis nog 3 maande dan is ek so oud! Sterkte met jou en dit sal hopelik net wees soos jy vermoed

    Like

    1. Dis nou interessant dat hulle dit na sewentig nie meer doen nie…dink hulle mens kan dan nie meer kanker kry nie,of is dit ‘n geval van mens is klaar oor die muur en jou lewe is nie meer veel werd nie?Wonder net.

      Liked by 1 person

      1. Snaaks genoeg dit voel vir my ook dat na sewentig is dit nie die moeite werd nie want mens is dan te oud. Sal ietjie hoo hoekom hul dit so doen. Ek kuier elke Woensdagoggend oor n koppie tee met oud mediese eksperts(tong in kies gese) Hul is baie slim!

        Like

      2. Nou praat jy! Die een ou dame is regtig n ekspert wat verpleeg aan betref en sy weet nogal n paar dinge al is dit redelik verouderd. Ek kan my sit en verluister aan die klomp so by mekaar.

        Liked by 1 person

      3. My man se ouma het op 89 borskanker gekry, dis iets wat ek nie weer wil sien nie. Dit was so groot soos my hand en hulle het haar bors verwyder, maar daarna was sy nie meer dieselfde nie. ‘n Maand voor haar 99ste verjaarsdag is sy dood.

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s