Verlate grafte

Ek het ‘n ding oor begraafplase.Dit laat my altyd so rustig-hartseer voel as ek by ‘n grafsteen staan. Ek weet nie of dit die stilte,die eensaamheid,die geruis van die wind deur ou bome of sommer net die finaliteit van die lewe is,wat my so aangryp daar tussen die rustendes nie.

In Namibie is baie sulke verlate plekke met ‘n grafsteen of twee.In my omswerwinge het ek dit vasgevang,terwyl ek half hartseer-nostalgies staan en tob het oor wie se lewe hier was.

_MG_9782
Hierdie grafstene is by De Riet,blyplek van die ontheemde Riemvasmakers,waaroor ek reeds geblog het. Wanneer mens die woestynolifante soek,is mens amper verseker om hulle hier te kry.
_MG_9774
Die kinderlike eenvoud van die grafsteengeskrif het my aandag getrek…ook in De Riet se begraafplaas.
_MG_9773
Ook in De Riet se begraafplaas.
_MG_9974
Iewers,diep in Damaraland is hierdie verwaarloosde verlate rusplek.
_MG_9973
Die skrif is weggekalwe deur die elemente.
_MG_9969
Een van die drie graffies doer in Damaraland.
_MG_9970
Geen woorde is nodig om te besef dat alle mense smart ervaar met die afsterf van ‘n geliefde.
_MG_3828
Ek het voorheen al hierdie een geplaas.Dis in die Dorob Nasionale Park,naby die Maanlandskap.’n Jongman het hier verongeluk op een van daardie vierwielgedoentetjies.
_MG_3438
Verlate op die Skedelkus,naby Terracebaai.Ek vermoed die persoon het verdrink.
_MG_0231
‘n Vreemde eerbiedigheid wat aan iemand getoon is.Ek het reeds hierdie foto lank terug geplaas.
_MG_9971
Geskenkie uit die hart aan ‘n geliefde.

21 Replies to “Verlate grafte”

  1. Sjoe jou foto’s is darem baie pragtig Perdebytjie!

    Mens voel sommer die rustigheid as mens na jou foto’s kyk. Ek kan nie eers net een gunsteling kies nie, ek hou van almal!

    Ek onthou die laaste foto baie goed!

    Like

      1. Ag is dit nie pragtig nie? So nederige ou botteltjie… Dis sommer hartseer.

        Ek verbeel my altyd dat jou huis vol van die mooiste geraamde foto’s is van al julle reise.

        Like

        1. Net vier foto’s! Ek is maar sleg as dit by sulke goed kom.Ek sal eendag ‘n foto neem en hier opsit.

          Like

        2. Net VIER? Rerig?

          O ek sien MURE vol foto’s in jou huis!

          Dis nogal snaaks hoe mens soms iets dink oor iemand en dan is dit nie eintlik so nie nĆŖ?!

          Like

        3. In my slaapkamer is nie eers een ou prentjie..net kaal mure.Maar nou moet ek darem se ons het vog teen die mure gehad,dit laat regmaak en verf en nou amper ‘n jaar later nog niks opgehang nie.Jy het my nou ‘n idee gegee.Ek gaan collages maak van my mooiste foto’s en dit opsit in my kamer.

          Like

  2. Sjoe! Ek wonder oor die ogiesdraad oor die 1 graf? Is dit om plek af te baken of sand terug te hou? Jou fotos spreek, perdebytjie, nou laat jy my wonder oor watse grafte op ons ou plekie in die berg is, ry altyd daar verby, maar nog nooit gestop om te gaan afneem nie.
    .
    Op die een graf wat jy afgeneem het, was die kind maar nog baie jonk? So hartseer. Die een by die see – is ook hartseer.

    Like

    1. Daardie ou draad is maar net die heining wat omgeval het en daar lĆŖ en roes.
      Ja ,as mens die datums so lees,het party mense maar kort lewens gehad.
      Gaan neem asb daardie grafte af en kom plaas.

      Liked by 1 person

      1. Die verwaarloosde grafte uit die jare toet laat my altyd wonder wat het van die gestorwenes se mense geword, daai mense wat getreur het toe hulle gesterf het. Sommer so ‘n melankoliese gevoel, ek is maar ‘n swartgallige siel.

        Liked by 2 people

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĆŖreld, vir die wĆŖreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĆŖ:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +