Ontmoetings met besondere bome deel 5

Die mees besondere bome waarmee my lewenspad gekruis het,is versteende reuse wat oeroud is.Dertig minute wes van die dorpie Khorixas,kan mens gaan kyk na hierdie versteende woud.Die bome is iewers anders ontwortel en meegesleur deur vloedwaters,bedek deur modder en slik en later ontbloot deur erosie.Hulle ouderdom word geskat op 200,000jaar.Hier is gidse wat die storie aan jou vertel en toesig hou dat geen stukkie van die bome weggedra word nie.

_MG_3626
Versteende boom in bewaringsgebied naby Khorixas.Let op die welwitsia aan die bokant.

Verder het ons op ‘n eensame plek,Klein Gai Aus, op ‘n onbewaarde klomp bome afgekom..heel waarskynlik van dieselfde bome,wat miljoene jare gelede net verder ondertoe gespoel het.

063
Iewers in die omgewing van Klein Gai Aus, lê hierdie stompe.
058
Duidelik sigbaar hoe die bome deur erosie blootgele word.
059
Naby Klein Gai Aus.
054
Wat ‘n wonderlike voorreg om te sit en tob oor hierdie boom se herkoms en om te probeer uitpluis hoe lank gelede 200 000 jaar is!

27 Replies to “Ontmoetings met besondere bome deel 5”

  1. Haai is dit jy in die foto Perdebytjie?

    Wow, 200miljoen jaar? Ek kan half nie eers my kop om dit kry hoe oud dit is nie! Ek is bly daar is darem mense wat dit oppas, mense sal mos dit sommer wegdra.

    Like

      1. Hehehehe, ek like jou weermagpet!

        Jou hande lyk so warm. Ek weet dit klink ERG weird, maar al wat ek probeer sê is dat dit lyk as jy sulke omgee hande het.

        Ag ek weet dit maak nie sin nie. Maar dit doen vir my!

        😛

        Liked by 1 person

  2. Sjoe – interessant. Ek wonder watse bome was dit? Lyk amper soos ons hardekool of rooiboshout hier in die laeveld. Maak natuurlik heerlike kole op die vuur. Ek het gedog die welwitsia is die boom se blare, toe verduidelik jy darm …

    Like

    1. Hierdie bome is kliphard.Daar is eintlik geen hout oor nie.Dis verhard tot rots deur prosesse genaamd diagenesis en selicification wat die versteenheid tot gevolg gehad het.Van hierdie bome is tot 45 meter lank..dus lyk dit of dit dalk soos reuse dennebome kon wees.Namibië was ook eeue gelede ‘n yswêreld.

      Liked by 1 person

    1. Tina,daar is geen hout meer nie. Dit is absolute rots.Die prosesse wat plaasgevind het,het eintlik ‘n presiese replika van die boom gemaak.Dis amper soos ‘n vorm waarin sement gegooi word vir die maak van ‘n beeld.In hierdie geval was dit sediment,slik en sand…’n proses van duisende jare.Die stukkies wat daar rondlê is hard en swaar,dis rotse.

      Like

    1. Ek kan my voorstel hoe dit gelyk het…nogal snaaks om hierdie woestynwêreld as ‘n woudparadys voor te stel.Dankie vir inloer.Ek waardeer dit baie.

      Like

  3. Sleg dat ek so baie mis. Hier op die rustige Sondagoggend “ontdek” ek toe weer jou blog en baie mooi foto’s. Hoe kan ek maak om om net e-pos van blogs te kry en nie al die kennisgewings van kommentare nie. Dít was tog beter by litnet, waar mens kon sien as iemand blog. Baie dankie.

    Like

    1. Jy moet iewers na “settings” gaan en dit daar verander as jy nie Epos wil kry nie.As jy iemand se blog wil volg,kyk langs sy naam en druk “follow” dan verskyn sy blog altyd op jou “reader”
      Regs bo jou reader is jou avatar en in die middel langs hom is ‘n blokkie.As jy die blokkie druk,gooi dit al die kommentare en jy kan dan sommer net daar antwoord.Dis ‘n baie lekker funksie.Ek hoop jy kom reg!

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +