Ontdek die wêreld…

deur die oë van ‘n kind.

Ek pas nou al vir drie dae lank kleinseuntjie op.Dis nou die eerste keer in sy veertien maande lewetjie wat hy alleen kom kuier het.

Ouma laat hom toe om aan alles te vat en te kyk,natuurlik onder streng toesig.Dis ‘n hele ontdekkingstog,as die ou pofferhandjies die kasdeure oop en toe maak,die honderde oorpluisies uit die houer gooi en voel-voel aan die tekstuur.Daarna mik dit spelerig na sy snotterneusie en die ogies glimlag ondeund in my rigting.Oupa se skoene is ook uitgepak en hy skuif so skelm- skelm na die muurprop om te peuter waar hy nie moet nie.Ouma hou hom met ‘n valkoog dop en net een NÉÉ! laat die mannetjie skater,want hy weet goed dis verbode terrein.

Buitekant trommel hy teen die gasbottel en dit klink soos ‘n regte Afrika toi-toi in die agterplaas.Die posbus se deurtjie wat toegehou word met ‘n skroefie,trek groot belangstelling.Die lompe aspersievingertjies wikkel en woel die skroefie los en dan meet en pas dit om weer die gaatjie te kry.As dit nie dadelik werk nie,gil hy van ongeduld,maar probeer en probeer oor en oor,tot ouma wil omval van moegheid.

Daarna vat knapie die pad straataf op waggelbeentjies en hy weier om ouma se hand te vat.Dit goe! en gaa! soos hy vertel en kyk na alles om hom.Elke blomstingel en takkie word bekyk en bevoel en grassies word afgepluk en in ouma se onwillige mond geprop!Pienk handjies word pikswart soos hy modderbolletjies rol,proe,uitspoeg en na ouma kyk vir goedkeuring.

In die kombuis is die blink koffiepot met skarnierdekseltjie, ‘n gerieflike simbaal en ouma se kookboeke word tot aaagter in die rakkie teruggestoot.Die skottelgoedwasser se oop blink deur is ‘n lekker stoel terwyl die seephouertjie se deksel oop en toe gewikkel word.In my dag des lewens sou ek nooit my kinders toegelaat het om dit te doen nie.Nou sien ek die wonder van ontdekking en laat alles toe onder toesig.Dis ook die gouste manier om nuuskierigheid te bevredig.

Die hondehokkie is ‘n geheimsinnige plek en daar word ingekruip en uitgeloer met ‘n  glimlaggie van verwondering.Ek sal later ‘n foto plaas.

Seuntjie gaan vanmiddag huis toe en ouma gaan op die katel lê met ‘n erge rugspasma en ‘n regter armspier wat voel of dit geskeur is!

Advertisements

20 thoughts on “Ontdek die wêreld…”

  1. Jinne perdebytjie, het nou net gewonder hoekom is jy so stil toe kom ek op jou nuutste skrywe af …. Oulik geskryf! Ek wens al so lank om ook ouma te kan word, is my nog nie beskore. Nou hoekom kry ons nie ‘n ou foto-kie van kleinseuntjie by hierdie verhaal nie? Ons is mos bederf met jou prente.

    Like

    1. Ek het foto’s geneem en sal volgende keer plaas.Ek het net nie kans gekry nie.Ek vat net hier en daar grond.Mens vergeet hoe besig so ‘n kleintjie mens kan hou.Ek blog nou terwyl hy slaap!

      Like

  2. Wat ‘n lekker blog, ek het mos ‘n Montessori skool gehad so ek ken van, maar dit was so lekker om dit weer jou oë te kon sien 🙂

    Like

    1. Ja mens vergeet gou hoe dit is om klein mensies te hê.Ek is elke keer net so verwonderd om te sien hoe hy voel aan die water wat uit die kraan loop en hoe hy alles probeer “werk”

      Liked by 1 person

  3. Ek word vertel dat ek so ‘n fasinasie mer die buisradio gehad het en hom bekruip en aan die knoppe gedraai het. Die skielike volume of statiese geraas het geoonlik ;n paar hulp-gille te weeg gebring. Male sonder tal het en ‘n wiks oor die hand en ‘n “Okkie MOENIE!” gekry maar al wat dit veroorsaak het is dat ek saan gesels het op pad radio toe ” Hokkie hokkie moennie moeie” …
    My seunskind kuier so in die bondel dat daar vir my ook weinig hoop is vir kleinkinders behalwe as hy roekeloos raae dis sommer 3 uit verskillende rigtings!! EK raak so weg die CIA , FBI en Interpol het nie ‘n kat se kans om my op te spoor nie!!

    Okkie

    Like

  4. Interessant hoe die kleintjies veel meer belang stel in “regte” en “gevaarlike” voorwerpe as in hulle versigtig uitgesoekte speelgoed. Jy neem sulke verstommende mooi foto’s – ek sien uit daarna om foto’s van die kleinding te sien. (Ek onthou jou effense bedenkinge oor oumaskap en ek lees hoe die kleinseuntjie jou betower. Dis ‘n wonderlike voorreg, nè Perdebytjie.)

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s