Novembermaand is lammertyd in die wildtuin.Oral is dragtige rooibokke wat geboorte skenk aan pragtige kleingoed.Ons was bevoorreg om op ‘n toneel af te kom,waar die lammertjie pas gebore is.Binne ‘n halfuur het hy opgestaan en saam met sy ma weer by die trop aangesluit.Ongelukkig is hierdie kleingoed maklike prooi vir leeus,wildehonde,luiperds en ander skerptandige vleisvreters.




Jine perdebytjie – dis wenfotos hierdie! Jul was baie gelukkig. Pragtig.
LikeLike
Dankie Spokie.Ons was net te laat vir die geboorte,maar ek was in my noppies oor hierdie wonderlike ervaring.
LikeLike
Ek sê nog steeds: Van jou fotos behoort jy in te stuur na WEG! tydskrif. Meer mense behoort dit te sien.
LikeLike
Ek is bietjie suinig met deel.Ek maak darem vir myself koffietafelboeke.
LikeLike
O – jy moet my laat weet hoe julle dit doen (Die koffietafelboeke) Daars seker ‘n program?
LikeLike
Ag dis te pragtig Wonderlike foto’s soos gewoonlik
LikeLike
Dankie Tina,altyd lekker as jy inloer.
LikeLiked by 1 person
mooi!
LikeLike
Dankie Seegogga.
LikeLike
So ‘n pragtige kleinding!
LikeLike
Daar was honderde van die bokkies.Hulle lyk so pragtig as almal saam uit die gras loer.
LikeLike
Wonderlik om jou weer terug te he in ons midde Dina!
Die ou bokkie is te kostelik, die ene bene!
LikeLike
Dankie Dries.Ons het ‘n fantastiese vyf dae gehad met ongelooflike fotogeleenthede.Ek sal so stuk-stuk plaas.
LikeLiked by 1 person
Pragtige foto’s – hierdie diertjie het inderdaad nie kans om die lewe eers vanuit ‘n veilige ‘nes’ te bekyk nie – hy ontdek sommer dadelik. Eintlik ongelooflik, maar ook erg dat dit onmiddellik oor oorlewing gaan… ai.
LikeLike
Ja die arme goedjies.is onmiddelik op hul hoede as hul regop begin staan.Dit gaan my verstand te bowe.
LikeLiked by 1 person