Bos-testosteroon.

Kameelperdbulle is baie interessante diere om dop te hou,veral as daar koeie in die omtrek is.Die groot bul steek sy kleim af by die koei en die ander manne kan maar net toekyk en hul frustrasie op mekaar uithaal.Dis dan wanneer die nekslaan speletjies begin.Dit kan vir ure aanhou en is ‘n towerspel van tandemnekswaaie en soms harde kopslane.

Die lywe word styf teen mekaar staangemaak.Vandaar sak die nekke gelyktydig ondertoe en kom boontoe met ritmiese swaai en draai bewegings.Af en toe is daar ‘n woeste geklap soos hulle mekaar slaan met die koppe.Soms lyk dit soos kobraslange wat uit oosterse mandjies opgetower word en mens voel sommer lus om musiek te speel,wat by die ritmiese kameelperdery pas.

IMG_6703
Die nekke word in tandem rondgeswaai.
IMG_6729
Krul en draai.
IMG_6734
Bo gekom,nou weer die hele swaaiproses herhaal.
IMG_6716
Dit lyk liefies,maar dit is nie!
IMG_6706
Dis hier waar mens musiek uit ‘n opera hoor,want dit lyk of die twee ‘n duet aanhef.

13 Replies to “Bos-testosteroon.”

  1. Sjoe – en kyk net hoe vas staan die bene, so effens uitmekaar. Pragtige twee bulle, en fotos mooi skerp. Ek het gehoor dat hul mekaar blykbaar ‘uit’ kan slaan, en dan sal die ander een geduldig wag totdat die een wat flou geword het weer wankelrig opstaan… voor daar voortgegaan word.

    Like

    1. Dis interessant.Dan is dit ook maar gevaarlik om so te speel,want hulle kan leeukos word.Daardie dag was daar ses wat so geslaan het.Ons het nie geweet waar om te kyk nie.Hulle het meer as ‘n uur aangehou.Ons was naderhand moeg en het maar gery.

      Like

  2. Wow, jou foto’s is FANTASTIES Perdebytjie!

    Ek wonder net, kan hulle nie eintlik doodgaan nie? Of is ek nou erg dom?

    😆

    Jinne ek kan my verkyk aan jou foto’s!

    Like

  3. Neewat,hulle is tawwe Tienies en die spelery lyk erger as wat dit is.Dit kan seker soms gebeur dat hulle mekaar doodmaak,maar ek dink dis eerder per ongeluk as aspris.

    Like

  4. Ek wil net weet, hoe kry jy dit reg om altyd op die regte plek op die regte tyd te wees? Hoor jy dit van die voëltjies se gefluit?

    Like

    1. Ons is baie bevoorreg om te “bushwack” tot teen die diere.Die mense van die reservaat is met almal in radioverbinding en wanneer daar iets besonders is,laat hulle mekaar weet en dan gaan ons soontoe.Daar is egter ‘n spesiale kode,net drie voertuie by so ‘n dier.Almal kry ‘n beurt,sonder om die dier te traumatiseer.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +