En almal gaap…

IMG_5949
Vroegoggend het hierdie twee gesit en sukkel om wakker te word.
IMG_6392
Die begin van ‘n lekker gaap.
IMG_6396
AAAh ghummm!
IMG_6360
Niemand ontsnap die ouderdom nie….ou Uittand.
IMG_6069
Wat leeus die beste doen…slaap.
IMG_6077
Hierdie gaap wys eintlik hoekom leeutjie nie jou speelmaat is nie!
IMG_6535a
Luilekker op ‘n termiethoop.

27 Replies to “En almal gaap…”

    1. Dis nogal harde werk en oefening.Ek neem ‘n paar duisend en slaag miskien met tien goeie foto’s.Dankie tog vir digitale kameras.Met film sou dit nie moontlik wees nie!

      Like

      1. Sjoe maar die tien goeies is altyd WOW foto’s!

        Het jy kursusse of iets gedoen Perdebytjie?

        My ouma het fotografie as ‘n stokperdjie beoefen toe sy baie jonk was, sy het so donkerkamer buite die huis gehad en als! Ek het dit natuurlik nooit gesien nie, net foto’s daarvan.

        Like

        1. Nee,ek leer myself.My man help ook baie,want hy verstaan die tegniese aspek van lig,diepte,afstand,lensopening,spoed en so aan.Soms pik ek verward rond,maar dan help hy my.Lekker stokperdjie wat ons saam doen.

          Like

        2. Wow dis absoluut fantasties! Baie geluk Perdebytjie, ek wonder baie oor mense soos julle se resep vir geluk.

          op ‘n ligter noot, julle is langer getroud as wat ek oud is! 😆

          Maar dit bly nogsteeds wonderlik!

          Like

  1. Voorwaar pragtige fotos. In my jare van fotografie het ons met film afgeneem, en soos jy weet dan het jy net een of twee kanse vir ‘n mooi fotos, en weet nie eers of die fotos reg uitgekom het nie. Digitale kameras is voorwaar ‘n seëning, alhoewel ons fotograwe aan die begin gesweer het ons raak nie daaraan nie.

    Like

    1. Wat ek teen digitaal het,is dat daar nou soveel ongelooflike foto’s daarbuite is,dat dit naderhand afgesaag raak en dat wow- foto’s naderhand nie meer wow is nie.Daarom sal ek nooit ‘n boek maak nie,behalwe vir myself.

      Like

  2. WOW – pragtige fotos. Die diere maak sommer my dag. Kan nou nie wag om daardie vakansie aan te durf . Die Bush-baby is al gepak.

    Sorry, die luiperd bly altyd vir my die mooiste. Is my favourite. Daardie kolle spreek tot my glimlag-spiere. Baie dankie. (Gaap …gaap…gaap)

    Like

      1. Seker. Ek en manlief is gepak vir Magoebaskloof vanaf more-ogg, tussen in vanaf 17de Des maak ons draai by Die Eiland warmwaterbronne (was jy al daar?), dan so 10 dae na Die Kruger (ja, voor jy ook wil weet : in die hitte!) ons ry heeldag in verkoelde kar, kom dit nie eens agter nie. Onthou, ons kry net oor Des vakansie, dan moet ons inhaal.

        Lekker Kerstyd vir jou. Wens ek kon julle daar gesien het …

        Like

        1. Ek is mal oor die wildtuin in Desember.Die plantegroei,insekte,somerbesoekende geveerdes,blomme,skoenlappers is net ongelooflik.
          Ons het toe ons kinders klein was ‘n paar keer Eiland toe gegaan.Toe was dit nog ‘n Overvaaloord.Wat is dit deesdae?

          Like

  3. Net om op te volg: Die Eiland het die afgelope jare onder nuwe regering baie agteruit gegaan. Ons wou nie meer soontoe gaan nie. Vuil en stink. Toe het die ATKV dit so paar jaar gelede oorgeneem.
    Die fooi is nou bietjie duurder, maar ‘n pragplek om vakansie te gaan hou. Die kinders word heel dag besig gehou, tonne vermaak – droomvakansie vir kinders. Die koue en warm swembaddens weer pragtig blou. Netjiese steenvloer-kampstaanplekke.
    Ek sal later ‘n paar fotos wys. Het nog nie afgelaai nie …

    Like

    1. Dankie,ek het juis gewonder.Ons het sulke goeie herinneringe van die plek.Destyds was Martino die towenaar ook van die mense wat gesorg het vir vermaak…so lekker vir kinders!

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +