omdat sy van luiperds hou.





'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
omdat sy van luiperds hou.
On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....
Myriad memories frozen in time
Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.
'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
British Wildlife & Photography
Lifestyle, Photography and Traditional Art
potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue
'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.
Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen
Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"
Ek deel dit wat ek ontdek op hierdie pelgrimstog na vryheid.
persoonlike blog - cam venter
Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS
Simone Foedrowitz - Naturfotografie +
looking through the lens
William Bowles - Online since 1979
Sjoe dit lyk of mens amper aan hulle kan raak!
Die laaste foto is my heel gunsteling!
LikeLike
Ek hou ook die meeste van hom.Ek wonder altyd of mens se foto’s van hierdie werf af gesteel kan word.Weet jy dalk?Ek moet miskien my naam by elkeen skryf.
LikeLike
Ek dink dis ‘n BAIE goeie idee om jou naam met die c-dingetjie by te sit!
Verander jy ooit soms foto’s na wit en swart Perdebytjie? Of voel jy daar gaan te veel verlore van die foto dan?
LikeLike
Wat is die c-dingetjie?Ek is nou dom!
Ek sal ‘n foto wat skerp uitkom,maar nie mooi kleur het nie,swart en wit maak.
LikeLike
Ja ek wonder altyd hoe kies mense watse fotos om so swart en wit te maak!
Vooraan jou naam moet jy daai klein c in ‘n sirkel sit, iets met kopiereg te doen? Ek sien almal doen dit so, ek dink jy moet ook, hulle gaan beslis jou foto’s steel!
LikeLike
As ek net my naam skryf,is dit dan ook goed genoeg?
LikeLike
Jip ek glo so Perdebytjie!
LikeLiked by 1 person
Ekskuus dat ek so hier inspring Dina, maar ek stem saam met Net Ek. Dis altyd beter om jou naam op jou foto’s te plaas sodat hul kan sien daar is kopieregte op dit. Party steur hul glad nie daaraan nie, maar dié wat doen, sal dan nie die foto gebruik vir hul eie gewin nie. Om die kopiereg © te kry, druk ALT en 0169. 😀
LikeLike
Dankie Sonel,ek sal dit doen.Waar is die beste plek om mens se naam te sit sodat dit nie uitgekloon word of die foto lelik maak nie?
LikeLiked by 1 person
Ek glo nie daar sal ek vir jou goeie raad kan gee nie en as mense dit wil uitkloon, sal hulle dit doen. Dis maar die internet vir jou. As mense jou foto’s wil steel, sal hul dit doen. Ek dink die belangrikste is dat jy ‘n notice op jou blog sit dat al jou foto’s kopiereg ophet (in Engels en Afrikaans) sodat almal bewus is daarvan.
Baie mense ’emboss’ hul watermarks ook maar soos jy sal sien plaas ek myne maar net waar dit darem okay lyk. Ek het nog nie die regte manier gevind nie. Miskien eendag. Gaan loer maar op Google rond en kyk watter lyk vir jou die beste. 😀
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir die raad!
LikeLiked by 1 person
Kyk daai stert in foto een. Dit wil net swiep- swiep!
LikeLike
Mooi foto’s. PS. Ek is bly ek is nie ‘n luiperdwyfie nie… g’n wonder sy raak iesegrimmig nie!
LikeLike
Ek stem saam.Na so ‘n paringsessie wat dae lank aanhou,is albei maer en uitgeput.
LikeLiked by 1 person
Het jy ‘n luiperd pak aangetrek om so naby te kan kom?
LikeLike
Hehe!Nee,maar ek was so naby.Ons ry op ‘n oop voertuig tot teen die diere.Dis soms effe skrikwekkend,veral as hulle teen jou verby skuur.Meeste van die luiperds in die Sabi-Sandwildtuin,is gewoond aan voertuie,maar daar is altyd risiko aan verbonde.Vir ‘n fotograaf is dit wonderlik.
LikeLike
Oehoe!!! En dit spesiaal aan my opgedra? Dankie perdebytjie, ek kom nou eers terug van my bergvakansie, en was hierdie ‘n groot verrassing. Voel soos ‘n Kerspersent ontvang.
Die fotos is ongelooflik … pragtig. En hierdie bly maar die mooiste kat op aarde. Want daardie vel en rosette …. sug.
LikeLike
Ek is bly jy het dit geniet.My gunsteling is die jagluiperd.Die feit dat hy so kwesbaar is en die ongelooflike atletiese bou,maak hom vir my tops.Ek het al gesien hoe vang een ‘n koedoe.Dit was verstommend,maar ek het natuurlik snot en trane gehuil oor die arme ding wat so versmoor word!
LikeLike
Bly maar een van die beste ondervindings.
LikeLike
Ek dink jy moet maar jou fotos merk, perdebytjie. Ek doen dit ook met ons uitsonderlike fotos. Sulke wen-fotos kom nie maklik en toerusting is baie duur. Daar moet copy-regte op wees.
Die © maak jy deur die Alt-knoppie op rekenaar in te hou, tik dan 0169. Eintlik moet jy die watermerk op plek sit waar hul dit nie maklik kan uit-cut (crop) nie.
So ‘n prag-foto kan vir die drukker van ‘n kalender duisende rande inbring. ‘n Geraamde Groot Vyf ook.
LikeLike
Dankie Spokie,ek was al bang dat my goed gesteel word.Miskien is hier darem nie te veel mense wat hier lees nie.Gaan van nou af dit doen.
LikeLike
Mooi bly maar mooi!
LikeLike
Dankie vir die inloer,Dries.
LikeLike
Absoluut stunning fotos Dina! Dis asof ek aan hulle kan raak! Sulke pragdiere! Ek is so bly jy het by my uitgekom sodat ek jou blog kan volg. Tussen jou en Spokie is ek in die 7de hemel. 😀
LikeLike
Dis nou ‘n wonderlike kompliment.Almal wat lief is vir die natuur is voor in my boekie!
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n plesier Dina en my man sê altyd hy voel partykeer hy kom tweede. hahahah! En dankie, ek is bly om te hoor. Ek voel dieselfde. 😀
LikeLiked by 1 person