Ontstellend,maar nodig ….nie vir swak harte nie!

Om te oorleef,moet die wildehond jag,vang,verskeur en baie vinnig vreet.Vir ons as mense lyk dit na ‘n wrede bloedbad.Dis egter nodig,want wildehonde moet kompeteer met ander roofdiere en as hulle nie gouspeel en maak dat hulle wegkom van die toneel af nie,is hulle in groot moeilikheid.

Lammertyd is ook feestyd vir hierdie uiters bedreigde,pragdiere.Ons was so gelukkig om drie vangste van jong rooiboklammertjies te aanskou.Dis eintlik verskriklik,maar die spoed waarmee dit gedoen word,laat mens na jou asem snak.Alles is binne tien minute verby..bokkie gevang ,uitmekaar geskeur en verorber.Ek dink nie die bokkie weet eers wat hom getref het nie.

Die hartseerste is die rooibokooi wat dae lank nog loop en treur oor haar kleintjie…ons het waargeneem hoe sy naby die toneel rondhang en gladnie eet nie.Die veldwagters het dit bevestig,dat daar definitief ‘n tipe van emosie betrokke is,al dink ons as mense,dat dit maar net ‘n dowwe bok is.

IMG_7383
Een van Afrika se mees bedreigde diere.
IMG_7413
Die bokkie word so vinnig gevang en verskeur,dat hy nie eers weet daarvan nie.
IMG_7318
Hierdie is beslis nie vir swaarmoediges nie.
IMG_7331
Die hele proses duur net ‘n klein rukkie!
IMG_7429
Volwassenes vreet genoeg en sal dan later voedsel opbring vir kleintjies wat onder toesig van ander volwassenes by ‘n skuiling wag.
IMG_7336
Toutrek kry hier nuwe betekenis.

19 Replies to “Ontstellend,maar nodig ….nie vir swak harte nie!”

  1. Sjoe – dis al wat my afsit van die diere, perdebytjie. Iets wat ek net nie gewoond kan raak nie, vernaam as mens koer oor die kleintjies.

    Jou fotos is uitstekend. Het jy gesien dat die linkeroog van die wildehond op jou 1ste foto is uit?

    Like

    1. Ja die natuur is wreed.Ek het gesien sy oog lyk snaaks.Ek glo nie dis uit nie,miskien net beseer en blind.Ek sal bietjie op my ander nabyskote kyk of ek beter kan sien wat aangaan.

      Like

    1. Dis verskriklik om te aanskou,maar dit laat mens met verwondering oor die spoed van hierdie diere.Hulle hardloop kilometers per dag,dis hoekom hulle so moeilik gesien word.Jy dink nog hulle is hier,dan is hulle weg!

      Like

  2. Dit gebeur so vinnig,dat mens skaars vinnig genoeg kan reageer.In Sabi-Sand ry hulle deur die veld agter die diere aan,dus is dit maklik om by alles uit te kom.Alles word gereguleer,sodat daar nie te veel skade gedoen word nie..net drie voertuie by enige toneel.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +