Monduitspoel

Voordat die ou jaar finaal sy laaste asem uitblaas,wil ek bietjie keel skoonmaak en kerm oor iets wat my lankal pla.

Gisteraand was ons by ‘n uitstekende vertoning,tussen duine,aan die rant van die see,met ‘n bloedrooi sakkende son.Die kunstig aanmekaar getimmerde verhoog is deur ‘n vriend van ons geskep..voorwaar ‘n pragskepping in die woestyn.Die kunstenaars…plaaslike jong mense…dansers,paaldansers (nie die soort met seksuele konnotasie nie,maar wel drie sterk jong meisies wat kunstig teen die pale opklouter en toertjies uithaal) dromspeler,’n sangeres en vuurdansers.Dit was ongelooflik mooi gedoen.

Die vuurdansers was besonders en het ons op die tone gehou met hul kunstige rondswaaiende vlamme.Dis moeilik om te vertel wat hulle presies doen,maar in die donker woestynaand,was ons soos motte om ‘n kers nadergetrek,deur die fassinerende spel van vuur en lig.Een jong man het kort-kort vloeistof uit ‘n bottel geneem en dan hemelhoรซ vlamme geblaas om die drie dames,wat met ongelooflike vaardigheid hul vlamme rondswaai,aan te vul.

Maar o wee,wat ‘n onopgevoede skare!Opstaan en rondloop terwyl items aan die gang is,vieslike aanmerkings op die mooi meisies,rassistiese aanmerkings toe die tromspeler sy item lewer…aijaijai!Ek het my kop in skaamte laat sak vir die meestal Afrikaanssprekende Namibiรซrs.Ek wil nou nie almal onder dieselfde kam skeer nie,maar sowaar,het hierdie mense nog nooit gehoor van respek toon teenoor kunstenaars wat hard werk om besondere vermaak te lewer nie?

Natuurlik het drank ook ‘n rol gespeel.Dit was saam met kos te koop en vir sommige was dit seker die hoogtepunt.Hier wil ek veral die mans bykom…Ekskuus vir diรฉ wat nie so maak nie..Dis opstaan en dopkoop,kom sit en drink dop,dan opstaan en toilet toe..opstaan,dop,sit,opstaan,toilet toe..ad nauseam.Dit terwyl die kunstenaars hulle siele uitstort op die verhoog.

Hierdie tendens merk ek oral op.Blykbaar dink mense dat vertonings net agtergrond musiek is en ‘n lekker jol impliseer.Mens sien dit by al hierdie sogenaamde feeste..lekker loslit sing,dans,en doen wat jy wil.Ek is nie teen pretmaak nie,maar daar is ‘n tyd en plek vir alles.

Is ek nou te preuts.Wat dink julle?

Advertisements

29 thoughts on “Monduitspoel”

  1. Ek stem saam en dink d probl le by swak opvoeding mbt teater etiket. Ek is geleer om doodstil te sit tydens konserte ens en het my kinders ook so geleer. Maar ek verstom my telkens hoe ander rondvroetel gesels en raas tydens optredes. By n fees is dit net baie erger.

    Liked by 1 person

  2. Oooo, ek stem, dis swak maniere! Dalk speel die TV ook ‘n rol – mens kom en gaan en praat mos maar so dwarsoor die vertonings in jou eie huis? Wat my veral onderkry, is mense wat gedurende musiekitems ewe luiters sit en klets!

    Liked by 1 person

    1. Omdat alles so bereikbaar is op internet en tv,is daar niks wat mense boei nie…so blaze geword,dat hulle nie eers ‘n goeie vertoning kan deursit nie.

      Like

  3. Weet jy, ek dink dis juis hierdie Huisgenoot tent en soortgelyke tente wat die tendens help skep het, en dis gratis boonop. Die ware kunsliefhebbers gaan na die teaters toe. Dis tog ‘n jammerte, vervlakking van standaarde, nes gemorskos.

    Liked by 1 person

  4. Wou nog se die jare toe die staatsteater opera en ballet aangebied het, het mense in die gehoor hulle onberispelik gedra. En deftig aangetrek. Daaruit maak ek sekere afleidiings ๐Ÿ˜Š

    Like

  5. Dit is asof daar net nie meer respek vir enigiets in die lewe is nie. Dus sit party van ons met ons hande in die hare, en die ander lewe lustig voort.

    Like

  6. Mens merk dit maar oral op. Darem seker nie heeltemal orals nie. Waar ek een keer baie ontsteld was, was by ‘n musiekkonsert toe my dogter nog in die laerskool was. Die skoolkinders wat daar was, het hul gedra, maar die ouers se gedrag was skandelik. Op ‘n stadium moes die hoof die ouers vra om stil te bly.

    Like

  7. By eisteddfods het ek ervaar by die koor-beoordeling dat sekere skole dit met die regte interskool, rugbymentaliteit benader.
    Dis wanneer mense wie nie gewoonlik sulke tipe goed kyk nie, in die gehoor is, en die meerderheid is, wanneer sulke gedrag sigbaar word.

    Like

  8. Ek stem en hou van jou waardes Perdebytjie. Ek het selfs met ons vakansie in die Kruger die ongeskiktheid van sekere blankes opgetel. My kop in skaamte laat sak, en die dametjie omverskoining gevra namens die persoon!

    Ek was so opgewonde om die rugby te kon sien op ons nuwe stadion hier in Polokwane. My heel eerste keer, en het ek uitgesien na die ondervinding. Daardie aand het ek geskok huistoe gegaan om te sien wat drank kan doen met mense in die gehoor. Hul is nie daar vir die rugby nie!

    Like

  9. Niks met preutsheid te doen nie Dina. Jy is heeltemal reg. As die ongeskikte mense net kan besef hoe lank werk daardie kunstenaars geneem het en hoe hard hul oefen en ja, waar daar drank betrokke is, is daar altyd sulke barbariese gedrag en nouja, jy kan nooit die ‘bos’ uit sekere mense uitkry nie. ๐Ÿ˜›

    Liked by 1 person

      1. Baie dankie.Ons het op ‘n stadium Namibiรซ plat getoer en dis alles daar geneem.Jy kan maar bietjie teruglees.Ek het baie daaroor geblog.

        Liked by 1 person

      2. Dit klink tog te lekker. Jy is gelukkig om dit te gedoen het. Dis maar net iets waarvan ek droom. ๐Ÿ˜†

        Ek gaan beslis hoor. Jy het ‘n pragtige blog en dis vreeslik interessant. ๐Ÿ˜€

        Like

      3. Baie dankie.Ek gaan nog daar by jou blog ook rondtoer in die vorige inskrywings.Sal seker bietjie tyd neem,maar ek weet sommer dit gaan die moeite werd wees!

        Liked by 1 person

      4. Jy is welkom en dis ‘n plesier. Gelukkig hoef jy nie te comment nie, want dit sal gesluit wees. ๐Ÿ˜† Baie dankie, ek is bly jy dink so. Miskien sal ek eendag so voel as ek sulke stunning foto’s soos jy kan neem. ๐Ÿ˜€

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s