Voordat die ou jaar finaal sy laaste asem uitblaas,wil ek bietjie keel skoonmaak en kerm oor iets wat my lankal pla.
Gisteraand was ons by ‘n uitstekende vertoning,tussen duine,aan die rant van die see,met ‘n bloedrooi sakkende son.Die kunstig aanmekaar getimmerde verhoog is deur ‘n vriend van ons geskep..voorwaar ‘n pragskepping in die woestyn.Die kunstenaars…plaaslike jong mense…dansers,paaldansers (nie die soort met seksuele konnotasie nie,maar wel drie sterk jong meisies wat kunstig teen die pale opklouter en toertjies uithaal) dromspeler,’n sangeres en vuurdansers.Dit was ongelooflik mooi gedoen.
Die vuurdansers was besonders en het ons op die tone gehou met hul kunstige rondswaaiende vlamme.Dis moeilik om te vertel wat hulle presies doen,maar in die donker woestynaand,was ons soos motte om ‘n kers nadergetrek,deur die fassinerende spel van vuur en lig.Een jong man het kort-kort vloeistof uit ‘n bottel geneem en dan hemelhoë vlamme geblaas om die drie dames,wat met ongelooflike vaardigheid hul vlamme rondswaai,aan te vul.
Maar o wee,wat ‘n onopgevoede skare!Opstaan en rondloop terwyl items aan die gang is,vieslike aanmerkings op die mooi meisies,rassistiese aanmerkings toe die tromspeler sy item lewer…aijaijai!Ek het my kop in skaamte laat sak vir die meestal Afrikaanssprekende Namibiërs.Ek wil nou nie almal onder dieselfde kam skeer nie,maar sowaar,het hierdie mense nog nooit gehoor van respek toon teenoor kunstenaars wat hard werk om besondere vermaak te lewer nie?
Natuurlik het drank ook ‘n rol gespeel.Dit was saam met kos te koop en vir sommige was dit seker die hoogtepunt.Hier wil ek veral die mans bykom…Ekskuus vir dié wat nie so maak nie..Dis opstaan en dopkoop,kom sit en drink dop,dan opstaan en toilet toe..opstaan,dop,sit,opstaan,toilet toe..ad nauseam.Dit terwyl die kunstenaars hulle siele uitstort op die verhoog.
Hierdie tendens merk ek oral op.Blykbaar dink mense dat vertonings net agtergrond musiek is en ‘n lekker jol impliseer.Mens sien dit by al hierdie sogenaamde feeste..lekker loslit sing,dans,en doen wat jy wil.Ek is nie teen pretmaak nie,maar daar is ‘n tyd en plek vir alles.
Is ek nou te preuts.Wat dink julle?
Slegte maniere 😠 Is dit swak opvoeding, swak klas as ek dit so mag stel! Aggenee.
LikeLike
Ek moet darem sê daar ordentlike mense ook.Dit lyk my drank speel ‘n rol.
LikeLike
Drank bring dikwels die ware kleure te vore. Dankie tog vir mense at nog beskaafd optree
LikeLiked by 1 person
Dis swak! Ek wonder hoe sou hulle voel as iemand so met hulle maak. As mens ‘n vertoning gaan kyk, toon mens respek teenoor die kunstenaar asook jou mede- toeskouers!
LikeLike
selfs by die geleenthede waar mense om tafels sit en eet en kuier,toon hulle geen respek as iemand optree nie.Ek sien dit gereeld by sg damesoggende.
LikeLiked by 2 people
Ek vind dit ook baie steurend! Ai!
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam en dink d probl le by swak opvoeding mbt teater etiket. Ek is geleer om doodstil te sit tydens konserte ens en het my kinders ook so geleer. Maar ek verstom my telkens hoe ander rondvroetel gesels en raas tydens optredes. By n fees is dit net baie erger.
LikeLiked by 1 person
Ons leef in ‘n tydperk van ongedissiplineerdheid.Almal ry soos hul wil,maak soos hul wil,sê wat hul wil,sonder gevolge.
LikeLike
Oooo, ek stem, dis swak maniere! Dalk speel die TV ook ‘n rol – mens kom en gaan en praat mos maar so dwarsoor die vertonings in jou eie huis? Wat my veral onderkry, is mense wat gedurende musiekitems ewe luiters sit en klets!
LikeLiked by 1 person
Omdat alles so bereikbaar is op internet en tv,is daar niks wat mense boei nie…so blaze geword,dat hulle nie eers ‘n goeie vertoning kan deursit nie.
LikeLike
Weet jy, ek dink dis juis hierdie Huisgenoot tent en soortgelyke tente wat die tendens help skep het, en dis gratis boonop. Die ware kunsliefhebbers gaan na die teaters toe. Dis tog ‘n jammerte, vervlakking van standaarde, nes gemorskos.
LikeLiked by 1 person
Jy is heeltemal reg.Alles is gebasseer op pret,sonder enige verantwoordelikheid.
LikeLiked by 1 person
Dis waarom ek in die laaste tyd langtand is vir mense is… ek het nie meer die geduld of die lus vir sulke ongeskikte gedrag nie
LikeLiked by 1 person
Wou nog se die jare toe die staatsteater opera en ballet aangebied het, het mense in die gehoor hulle onberispelik gedra. En deftig aangetrek. Daaruit maak ek sekere afleidiings 😊
LikeLike
Deesdae is niks meer besonders nie…jammer tog!
LikeLike
Dit is asof daar net nie meer respek vir enigiets in die lewe is nie. Dus sit party van ons met ons hande in die hare, en die ander lewe lustig voort.
LikeLike
Dissipline was nog nooit sleg vir enige iemand nie.
LikeLike
Mens merk dit maar oral op. Darem seker nie heeltemal orals nie. Waar ek een keer baie ontsteld was, was by ‘n musiekkonsert toe my dogter nog in die laerskool was. Die skoolkinders wat daar was, het hul gedra, maar die ouers se gedrag was skandelik. Op ‘n stadium moes die hoof die ouers vra om stil te bly.
LikeLike
By eisteddfods het ek ervaar by die koor-beoordeling dat sekere skole dit met die regte interskool, rugbymentaliteit benader.
Dis wanneer mense wie nie gewoonlik sulke tipe goed kyk nie, in die gehoor is, en die meerderheid is, wanneer sulke gedrag sigbaar word.
LikeLike
Dit fluit en skree en lewer kommentaar op alles…nes jy sê..hulle dink dis ‘n sport geleentheid.
LikeLike
Ek stem en hou van jou waardes Perdebytjie. Ek het selfs met ons vakansie in die Kruger die ongeskiktheid van sekere blankes opgetel. My kop in skaamte laat sak, en die dametjie omverskoining gevra namens die persoon!
Ek was so opgewonde om die rugby te kon sien op ons nuwe stadion hier in Polokwane. My heel eerste keer, en het ek uitgesien na die ondervinding. Daardie aand het ek geskok huistoe gegaan om te sien wat drank kan doen met mense in die gehoor. Hul is nie daar vir die rugby nie!
LikeLike
Ek weet nie hoekom suip hulle nie maar by die huis,waar hulle nie hulleself in die skande kan steek nie!
LikeLiked by 1 person
Niks met preutsheid te doen nie Dina. Jy is heeltemal reg. As die ongeskikte mense net kan besef hoe lank werk daardie kunstenaars geneem het en hoe hard hul oefen en ja, waar daar drank betrokke is, is daar altyd sulke barbariese gedrag en nouja, jy kan nooit die ‘bos’ uit sekere mense uitkry nie. 😛
LikeLiked by 1 person
PS: Jou headers is ongelooflike stunning hoor! Ek is mal daaroor! 😀
LikeLike
Baie dankie.Ons het op ‘n stadium Namibië plat getoer en dis alles daar geneem.Jy kan maar bietjie teruglees.Ek het baie daaroor geblog.
LikeLiked by 1 person
Dit klink tog te lekker. Jy is gelukkig om dit te gedoen het. Dis maar net iets waarvan ek droom. 😆
Ek gaan beslis hoor. Jy het ‘n pragtige blog en dis vreeslik interessant. 😀
LikeLike
Baie dankie.Ek gaan nog daar by jou blog ook rondtoer in die vorige inskrywings.Sal seker bietjie tyd neem,maar ek weet sommer dit gaan die moeite werd wees!
LikeLiked by 1 person
Jy is welkom en dis ‘n plesier. Gelukkig hoef jy nie te comment nie, want dit sal gesluit wees. 😆 Baie dankie, ek is bly jy dink so. Miskien sal ek eendag so voel as ek sulke stunning foto’s soos jy kan neem. 😀
LikeLiked by 1 person
Ek dink OOK dit is slegte maniere!!
LikeLiked by 1 person