More

vat ons die lang pad terug huis toe.Vandag het ek geskrop en skoongemaak dat die sweet en spoeg so spat.Wors gebak,eiers gekook,toebroodjies gemaak en alles in die Engel-yskassie gepak.Gelukkig het ons nie baie bagasie nie…die Snauchers het baie meer as ons altwee saam.Hulle is gebad,ge-“Frontline” teen vlooie en bosluise,hulle kooie is uitgeskud en reggepof,kombersies is gewas en twee dae se kos is uitgemeet in plastiek houertjies.Hulle slaappille en anti-naarpilletjies is slaggereed om more voor die hoender gehoes het,in drie onwillige kele afgedruk te word.

Gaan nou-nou vir oulaas met ‘n glasie wyn in die hand sit en die sonsondergang (van die son wat nog glad nie vandag verskyn het nie)geniet.

Sien julle oor ‘n paar dae!

28 Replies to “More”

  1. Veilig reis. Hoe maak julle by die grens met die honde? Mens moet seker permitte hĂª?

    Na die wors in die toilet kyk ek met ander oĂ« na wors. Grinnik… nee ek bly nou stil oor jou gebraaie worsies

    Like

    1. Haha,ek dink nie ek gaan mĂ´re daai wors eet nie!
      Mens het permitte nodig vir die honde…eers veearts toe vir vorms om te bewys hul is gesond en het al hul inspuitings.Dan staatsveearts toe vir stempel en by die grens moet jy honde verklaar en al die papierwerk wys.

      Like

        1. Ja ongelukkig,maar ek kan insien hoekom.Daar is baie onwettige vervoer van diere en natuurlik lei dit tot stroping van skaars spesies en natuurlik ook onwettige handel in veghonde.Mense is eintlik nare goed.Daar moet altyd drakoniese wetgewing op onskuldiges geplaas word om skelms vas te vat

          Liked by 1 person

  2. Jinne, jy klink vir my na ‘n goeie ma (honde-ma). Ja, na sekere vakansies kom jy by moeg by die huis aan, en het rus nodig daarna.
    Mooi en veilig reis.

    Like

  3. Julle moet mooi ry en nie haastig raak nie. Hierdie vakansiestukkie kan jy gerus gebruik vir die komende week se Toeka-Tokkel want dit gaan oor vakansie. Ek kan jou sommer in my bekendstelling v onderwerp ook noem as ek mag!

    Like

        1. Ek wil juis blog oor hulle reis,maar dit sal bietjie tyd neem om die foto’s reg te kry so tussen inkopies en weer in die nuwejaar roetine inkom.Ek het besluit om net vinnig in te loer en almal te groet.

          Liked by 1 person

Leave a reply to Spokie sny spoor Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĂªreld, vir die wĂªreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĂª:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +