Frustrasie!

Ek is al meer as ‘n week tuis,maar julle dink seker ek het in ‘n gat verdwyn.Wel ek het…in ‘n kubergat!Weereens dankie aan die dierbare siele wat die tweede keer binne ‘n jaar ons koperkabels gedeps het.Mag die weerlig en alle ander slegte goed julle tref,dat daar net rokende swart kolletjies oorbly!

Verder het ons groot weerligskade aan verskeie implemente gehad,waaroor ek liewers nie wil uitbrei nie.Al wat ek weet,is dat ‘n lewe in ‘n grot,deesdae vir my baie aanloklik lyk!

Ek weet nie hoe lank Telkom nog gaan sukkel nie(hulle probeer regtig hul bes…sit ure in die son en probeer almal se drade weer konnekteer)maar intussen het manlief vir my ‘n “dongle” met Vodacom lugtyd gekoop en weereens het my tegnologiese kennis teen wil en dank verbreed.

Ek het werklik erge virtuele-onttrekkingssimptome ondervind,en verstom my weereens dat mens so afhanklik kan word van virtuele vriende daarbuite.

Ek kan egter nou nie ure op my leptoppie verwyl nie,want Vodacom se metertjie tik….wou maar net se ek is nog in lewende lywe!

Advertisements

43 thoughts on “Frustrasie!”

      1. Hehe! Mens se emosies kan aan jou figuur se voorkoms gekoppel word,of is dit andersom?Mens se figuur se voorkoms kan aan jou emosies gekoppel word! 😆

        Liked by 1 person

  1. Ag man dis erg! Sedert hulle die elektrise koperksbels met die ander in rubber omhulsl vervang het is die weerlih hier nie te veel van n probleem nie. Maar ons trek nog steeds proppe uit as daar tekens is. Dis n redelike uo huis dus is die telefoon kabels tussen ons en die bure maar touch wood. Jammer jy woon nie nader nie want jy is baie welkom….

    Like

    1. Dankie vir die uitnodiging.Ek is net verlig ek sien weer my blogvriende op die lug!
      Ja,die ewige telefone en weerlig…ons het ook ‘n ou huis met al daardie weerlig grypers.

      Like

  2. Ek gaan nou ‘n vreeslike ding sê, maar ek mis weerlig en donderweer met ‘n passie. Hier reën dit mos net so saggies of sal ek sê so suutjies poep ek smag na daardie met oorgawe reën!

    Liked by 2 people

  3. Aaag so lekker, jy is terug! Ja, het gister hier geloer in jou blog, toe sien ek alles is nog doodstil.
    Ja, ek is ook op die wireless. En dit werk vir my goed. Selfs hoog in die berge tussen die kranse.
    Welkom terug, en ons kannie wag om jou stories te hoor nie … ek hoop ook daar is hope fotos!

    Like

      1. Vreemdelinge in die “ou” sin van die woord, maar in n immer veranderende wereld dalk nie so vreemd nie. Ons het baie meer kontak met mekaar as wat ek met meeste van my uitgebreide familie het, byvoorbeeld…

        Like

  4. Ek het toe ek na die Landgoed getrek het oorgegaan na ‘n plaaslike maatskappy en dit het vir my laat besef hoe ek met Telkom gesukkel het. Ek sal nooit terug gaan na Telkom toe en Vodavom is nog erger. Hierdie ouens is elke dag tot 10nm beskikbaar. Eendag kla ek op FB oor my internet en na ‘n halfuur bel hulle my “wat is fout Tannie…kan ons help! Sterkte Hoop dit word gou opgelos!

    Like

  5. Oooo toggie die liewe mense wat hul hande nie kan afhou van ander se goed nie. Dan nog die natuur wat ook sy sweepslae uitdeel is ook nie lekker nie. Bly jy kom so stadig maar seker weer in beweging.
    Het simpatie vir jul daar in die vasteland

    Like

    1. Dit gaan maar sukkel-sukkel,want die sein is nie atyd goed nie.Dis nou al langer as drie weke dat die ADSL lyn af is.Dis my man se besigheidslyn,maar blykbaar maak dit nie saak vir Telkom nie.

      Liked by 1 person

  6. Nog steeds sonder internet?
    Onthou, Vodacom se stokkie word nie bepaal met hoe lank jy op die internet is nie, maar wel hoeveel data jy gebruik. Wat jy natuurlik kan doen, is om op jou gewone WORD jou storie te tik, dan te connect en dan moet jy spoeg en plak in WordPress. Dan sal jy baie korter daar wees. Ons mis jou!

    Liked by 1 person

    1. Dankie Toortsie.Ek is so dom met die goed.Ons is steeds sonder internet,maar die Vodacom dingetjie werk so af en toe.Die sein is nie wonderlik nie en as ek ‘n sein kry soos vanaand,laat wip ek gou hierso.

      Liked by 1 person

      1. Jy tik op jou gewobe Word waar jy dokumente tik. Dan skryf jy dit heeltemal klaar. So wanneer jy sein het, copy jy dit, maak hou wordpress add post oop en paste dit daar. Vinnig voor die sein weer op is. Dankie dat ons van die bevoorregte blogs is wat dan gou geloer kan word.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s