Uiteindelik…

na weke se gesukkel,is ons nou weer “behoorlik” op die lug.Die gesteelde koperkabels is vervang,die modum wat deur die bliksemstrale geblixem is,is vervang.Al die ander kontrepsies wat seine moet opvang ,is herstel en die perdebynes kan hopelik weer virtueel begin funksioneer.

Ek moet erken,ek het baie gedoen gekry en besef dis die rondswerwery in die lug,wat my altyd so gestonk het,om by ander belangrike dinge uit te kom.Onder hierdie belangrike dinge tel klaviernote,wat weer musiek begin maak het,die stapels boeke wat al láánk op my bedkassie lê en smag om gelees te word,is verslind en natuurlik allerhande ander daaglikse verpligtinge,wat gewoonlik tot op die laaste minuut uitgestel is,is al vroeg-vroeg afgehandel.

Eintlik is die virtuele ruimte op sigself ‘n blixempie!

Advertisements

16 thoughts on “Uiteindelik…”

  1. Dis vir my ook lekker om soms ‘n breuk te vat van alles “connected”. Ons het wifi by die huis, in die begin was dit heerlik, maar nou is ek bitter min op die internet besig. Elk geval, ek kry nie veel kans met al die tieners in my huis nie!

    Ek is SO bly jy is terug Perdebytjie! Ek het jou gemis.

    Like

    1. Dankie,ek het jou ook gemis.Die eerste ruk was ek soos ‘n afkop hoender,maar later het dit lekker geraak om gediskonnekteerd te wees.Nou moet ek net my verslawing beheer en gedissiplineerd hier kuier. 😆

      Like

      1. Hehehehehe, ek verstaan alte goed wat jy bedoel met jou verslawing beheer! Maar dis so lekker, ek kyk nie eers meer na my e-posse en goed oor naweke nie.

        Like

  2. Ek kry jou op my email…. outomaties!.Dis half asof hierdie blogs ook oorlede is. As ek kyk na al die (veral engelse) bloggers wat ek volg en wat my volg is n baie klein handjievol nou oor.Asof blog n halfleeftyd het. Ek het gedink dalk sal iemand iets skryf oor Andre P Brink wat dood is maar niks nie. Ek ek het besluit ek gaan sommer minder nuus lees want dit kry met net in n toestand van dodelike depressie.Bly julle kommunikasieprobleme is opgelos.

    Like

    1. Ek het ophou nuus lees en hoor net af en toe die belangrikste goed by manlief.Ek moet erken ek is baie minder negatief en dis ‘n lekker gevoel.Miskien is jy reg oor die blogleeftyd,alhoewel ek meer daaruit put as op FB…dit verveel my verskriklik.

      Like

  3. Wow! Jippie, jy is terug. Het kort-kort kom loer, maar gesien alles bly doodstil. Kannie wag vir jou volgende post/fotos.
    Stem saam jou en die ander. Sekere dinge stel ‘n ou baie depressief. Ons kry elke dag die Beeld hier by ons kantoor, ek skop dit net eenkant toe … Dis net moord en doodslag.

    Like

  4. Welkom terug 🙂 Dit is nie lekker om so te sukkel om op die lug te kom nie. Ons opvangs is nou so sleg dat dit met groot frustasie is dat ek uiteindelik by die blogs kan uitkom om te lees. Al so vies vir die gesukkel,dat ek dit ook al oorweeg het om maar totsiens te sê.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s