Simbiose is…

‘n mooi woord om die saamleef tot mekaar se voordeel,te beskryf.’n Mens sien dit daagliks in die diere- en planteryk.Dink byvoorbeeld aan al die verskillende insekte wat plante bestuif,maar self voordeel daaruit put,byvoorbeeld bye wat nektar uitsuig.Daar is honderde voorbeelde,waarvan ons nie eers altyd bewus is nie.

Ek plaas ‘n paar foto’s van interessante simbiose in die diereryk.

IMG_7706
Bloureier staan heerlik op ‘n rots vanwaar hy die visse goed kan bespied.
IMG_7714
Die rots beweeg skielik en kry twee oortjies en neusgate by!
IMG_7708
Meneer reier parkeer homself ure op sy seekoeiboot,terwyl oom seekoei rustig is oor die sekuriteitswag op sy rug.
IMG_7942
Rooibek renostervoëltjie ry lekker tussen buffelhorings,want hy weet hy gaan netnou heerlike bosluise van daardie growwe jas afkam.
IMG_7932
Salig slapend met sy neus amper binne-in sy buurman se watsenaam,terwyl renostervoëltjie sy oorgate skoon pik.
Advertisements

21 thoughts on “Simbiose is…”

  1. Oelala! Die diere-dinge doen dit maar net vir my. Vreeslik oulik, ek het nie eens geweet van die woord “simbiose” nie. Het dus iets geleer.

    Jou fotos bly maar wen-mooi! Die een waar die reier sy poot optel is vir my ‘n uitsonderlike aksie foto.

    Like

  2. Dis goeie voorbeelde van samewerking. Ek lief ook die buffel wat so heerlik le en snooze. Voel seker vir hom of hy in die hemel is met die gekriewel in sy oor wat so jeuk! Pragtige fotos! 😀

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s