Wie dink….

nog steeds dat wildehonde nare diere is?

Hierdie kleurvolle,hoogs bedreigde diere tel onder my gunstelinge.Die spoed en vernuf waarmee hulle jag en hul prooi vang,is asemsnakkend.Die mooiste is egter hulle ongelooflike emosionele samesyn en sorgsaamheid teenoor mekaar.Die groepie wat ek hier afgeneem het,was skoon uitbundig toe die res van die trop by hulle aansluit.Dit was ‘n gelek en geluidjies maak,koppe teenmekaar skuur,’n gesnuffel aan mekaar en sommer totale uitbundige blydskap.

IMG_7798
Blye weersiens!
IMG_7802
Mens sou sweer hulle het mekaar dae laas gesien!
IMG_7806
Uitbundige spelery en jaery.
IMG_7808
Die liefde vir mekaar en samesyn van hierdie diere is verstommend.
IMG_7828
Speel-speel en glimlag oopbek!
IMG_7836
Hulle pragtige pelse het gesorg vir die bynaam “painted dogs”.
Advertisements

35 thoughts on “Wie dink….”

  1. Hoe sê hulle? onbekend is onbemind. Ek het nog nooit ‘n wilde hond in lewende lywe gesien nie, Dankie vir hierdie bekendstelling 🙂

    Like

    1. Ons het jare lank wildtuin toe gegaan,sonder om ooit enige wildehonde te sien…en toe op ‘n dag en vandaar af taamlik gereeld!Dis’n fantastiese ervaring en mens is gelukkig om hulle te sien,want hulle beweeg vinnig en bly selde lank op ‘n plek.

      Like

      1. Ek glo nie mens kan hulle makmaak nie. Ek het weer gister n hasie op die sypaadjie ontdek, maar hy verdwyn gou in die muurgate (dit lei gelukkig nie na die tuin waar die honde hom sal kry nie) Ek het maar kos daar gelos. Ek het so n swak plek vir hase…..

        Liked by 1 person

      2. 🙂
        Ek het ook n pragtige foto van n spesiale hasie…. My man seê die een op die sypaadjie kan maar weer hier kom woon aan die voorkant van die huis maar weet jy ek sien nie kans vir n hasie wat doodgaan nie want ek raak net te geheg aan hulle. Laas wou ek nie eens kaap toe nie want wie sal na hom kyk! Ek het 3 maande lank oor hom getreur toe hy op die ou end dood is. Natuurlike oorsake.

        Like

      3. Ag jinne tog.Mens raak so geheg aan diere,veral so ‘n sagte dingetjie.Jy moet seblief sy foto plaas.Ek het een van ‘n verskrikte wilde hasie,waarvan ek die storie spesiaal vir jou sal skryf.

        Liked by 1 person

      1. Bauckham reken in sy boek Living with other creatures dat verkeerde interpretasie van Genesis 1:26-28 direk verantwoordelik is daarvoor dat die mens die natuur en diere uitbuit. Ek dink dis blote onnoselheid en arrogansie – mense verstaan nie en/of gee nie om vir die ewewig in die natuur wat nie versteur moet word nie.

        Like

      2. Mens staan verstom hoe min die gemiddelde mens van die natuur af weet.My oupa-hulle het nog geglo alles wat beweeg,moet uitgeroei word en daardie mentaliteit steek vandag nog vas by miljoene mense.As ek in ‘n plek kom waar dierekoppe deur glasoë na my staar,is ek vinniger daaruit as witlig!

        Liked by 1 person

  2. Ons is mal oor wildehonde!

    Ek het juis beplan om volgende week die wildehond-fotos wat ons in Desember in Hluhluwe-Imfolozi geneem het te post, maar dit gaan maar sleg afsteek teen hierdie pragtige fotos van jou, Dina!

    Like

      1. Jy’s vreeslik gaaf, baie dankie Dina.

        Daar is op die oomblik n sensus aan die gang om die Wildtuin se wildehonde en jagluiperds te tel, en die publiek kan help deur fotos van hierdie diere, wat tussen 24/09/2014 en 24/06/2015 geneem is, in te stuur. n Soortgelyke telling in 2009 het maar 132 wildehonde in die Kuger geidentifiseer. Meer detail hier: http://www.ewt.org.za/CCP/census.html

        Like

      2. Dankie,ek sal gaan lees.Ek het my wildehonde in November afgeneem,maar ek neem aan SabiSand sal ook deel wees vd sensus,want dis mos oop tussen hulle en Kruger.

        Liked by 1 person

  3. Ek hou van jou woord; “asemsnakkend”! Jy het besonderse fotos hier beet, omrede van die bedreigde-spesie. Die 2-de laaste een is vir my die mooiste.
    Is soos jy sê: Eintlik is hul pragtige diere.

    Like

  4. Die mens wil tog maar altyd heers. Die wildehonde is beslis spesiaal. Daardie werklike trop gevoel en ook rang maak dat hul mekaar kan ondersteun en bystaan in dik en dun. Elkeen ken ook sy plek. Dis ook wonderlik om te sien hoe bly die tuisblyers is as die jagters terugkom. Baie mooi fotos wat jy hier het ek kan hul sommer hoor gesels met mekaar.(ooo en die wat nie die reels volg word vinnig reggehelp. Nie met n doodslaan nie maar met n ernstige vermaning)

    Like

      1. Wys jou ook dat sterkste oorleef. Hul sal seker n ander paar moet kry of net vergaan van ellende. Wonder wat hul in so n geval doen.

        Like

      2. Blykbaar sterf die kleintjies as hulle nog nie vir hulself kan sorg nie.Maar daar is seker ander volwassenes wat die rol oorneem.Hulle is ook uitgelewer aan siektes.

        Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s