Hasie se verjaarsdag

Is dit jou verjaarsdag,Hasie?

Hier is ‘n present van my:

die hele akker vol spinasie

kan jy alles net so kry.

(F.du Plessis-uit D.J.Opperman se Nuwe Kleuterverseboek)

Gewoonlik is daar duisende foto’s van die Groot Vyf en ander juweeltjies word misgekyk.Een so ‘n klein sterretjie is die Kolhaas.(Lepus saxatilis)

Hierdie diertjies kom wyd verspreid in Suider-Afrika voor.Totale lengte is 45-65cm;stert7-17cm;massa 1,5-4,5kg.Die kolhaas kom in boswereld en ruigtes voor waar daar gras is.Hulle is naglewend en is oorwegend grasvreters en eet ook soms plante.

Kolhase (maar nie almal nie)het ‘n wit kol op die voorkop,vandaar die naam.Gewoonlik le hulle in ‘n holte en maak staat op kamoeflering wanneer gevaar dreig.As hulle vlug,hardloop hulle sigsaggewys,baie vinnig.Dit maak dit moeilik om gevang te word.

IMG_6144
Hierdie hasie was doodverskrik,want net agter die bos was ‘n luiperd.

Hierdie blog is spesiaal vir Just Fletcher omdat sy so lief is vir hasies.

Advertisements

18 thoughts on “Hasie se verjaarsdag”

  1. Ag hoe pragtig baie dankie! Ek het n swak foto op my FB gesit en nou hoor ek hy / sy is nie n hasie nie maar n konyn. Ons het n konyn (dan) gehad wat hier aangekom het en vir 2 jaar hier gewoon het. Hy was bruin, die een op die sypaadjie is grys en ook baie mooi. Ek sal nog n foto weer van onse Hasie (dit was sy naam of was dit n sy, ek weet nie) opsit sodat jy kan sien
    xxx

    Like

    1. Jy het my gedagtes geprikkel,want deesdae is ek uit idees vir blogs.
      Dankie,dit sal lekker wees om te sien.Vir my is ‘n haas en konyn maar baie dieselfde.Hulle behoort albei aan die orde Lagomorpha en familie Leporidae.

      Liked by 1 person

  2. Hihi oulik, weet jy hoe vinnig eet ‘n hasie so akker spinasie op met daardie snaakse sigsag manier van eet. Net so woerts warts 😉

    Like

  3. Ek weet regtig nie wat die verskil is nie.Die HAT sê dat konyne mak hase is,maar dis nie heeltemal waar nie.In Suider-Afrika kom twee spesies hase en vier spesies konyne natuurlik voor.
    Die twee haassoorte is vlakhaas en kolhaas.Konyne is Jameson-,Natal-en Smith-rooi klipkonyn en die skaars Rivierkonyn.Verder weet ek nie veel nie.Ek dink die ore verskil ook.

    Like

  4. Jou laaste kommentaar oor hoe jy die mooi foto geneem het was sekerlik ook n belewenis. Ek hou van jou versie oor hasie en spinasie! Heel gepas

    Like

    1. Amper tyd,ek kan nie wag nie!Hy is nou 17 maande,maar ons sien hom bietjie min.Ek het juis my Kleuterverseboek gaan afstof om volgende keer vir hom versies te lees.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s