Ek is mal oor kafees en koffiewinkels.Daar is deesdae soveel interessante plekkies,dat mens kan kies en keur.Elkeen het ‘n eiesoortige karakter.Soms is dit ‘n karakter met die regte gevoel en ander kere skort iets in die atmosfeer en dan maak ek nie sommer weer ‘n draai daar nie.
Swakopmund wemel van eetplekke en daar is ‘n paar gunstelinge waar ek gereeld uithang.Sekerlik een van die gewildste plekkies is Village Cafe.Dis baie onindrukwekkend van buite af en mens sien dit nie sommer raak nie.Wanneer jy instap,lyk dit maar rowwerig,maar elke personeellid waarby jy verby stap,groet jou in vriendelike Afrikaans.Die kafee is in ‘n ou gebou en mens stap deur na agter,waar daar ‘n soort vierkant is met tafels en stoele,onder sambrele en met vrolike versierings,afhangende van die seisoen.
Daar is ook ‘n gedeelte waar mens in ‘n horingou teater by tafeltjies kan sit.Die verhogie is piepklein en het nog steeds ‘n ou bloedrooi koordferweel gordyn.Let wel,alles lyk baie oud,is baie oud en dis nie deftig oud nie,maar ‘n ontspanne dorpskafee oud.Eintlik weet ek nie hoe om dit te stel nie,maar dis beslis nie vir snobs nie.
Wat verrassend is van die plek,is die humorsin op die spyskaarte,die opdis van die kos in ou blikborde,die massiewe sny Ma se Brood wat saam met sommige disse kom,ag en sommer die kostelike skryfgoed oral teen die mure en op die vloer.
Die hoogtepunt is die ou verroeste Kombi in die een hoek.Mens kan heerlik binne sit en ook daar jou ete geniet,as jy romanties genoeg voel.Natuurlik is daar ‘n kennisgewing op die venster,met reëls ter stigtelikheid!
Dis sommer ‘n lekker loslit plek waar mens jou brakkies en katte ook heen kan neem.Ek het al iemand met ‘n papegaai op ‘n goed bemesde skouer,ook daar gesien.Dus welkom aan alle troeteldierasies van watter aard ookal,solank hulle net in toom gehou word.Selfs vir die gepelsde vriende is daar ‘n spyskaart.
Hierdie is alles selfoonfoto’s,dus nie baie goeie kwaliteit nie.
Dit lyk my ek moet Marilize saamstuur op jou volgende trippie Dina, dat sy genoeg kan kry van al die kuierplekkies (waar ek gewoonlik verbyry 😉 )
LikeLike
Dit sal ‘n plesier wees om haar saam te neem.
LikeLiked by 1 person
Dis baie gevaarlike voorstel die Die tweetjies sal so kuier dat ons hulle nooit weer te sien kry
LikeLiked by 2 people
Jy kan saam kuier,Tina!
LikeLiked by 1 person
Sug… my lyf speel helaas nie meer lekker saam nie
LikeLike
Solank jou kop saamspeel,het ons vrede met die lyf.Ek is seker jy sal uitstekende geselskap wees.
LikeLiked by 1 person
hehehehe danke dis nou ‘n moerse (skuus die woord) kompliment
LikeLiked by 1 person
Lol vir daardie spyskaart. net te cute. Daar is geen manier wat my hooligans hulle sal gedra by n restaurant nie… sal vir al die ander vreemde honde knor en hulle kos probeer afvat. Daar die worsie sal opwees voordat dit behoorlik neergesit is. Oulike tema vir n challenge – cute cafes! Daar is n paar van hulle in Kalkbaai in die Kaap.( En in Frankryk neem mense hulle goedgemanierde honde ook saam na restaurante. )
LikeLike
Ons neem ons brakkies ook altyd saam.Meeste kafeetjies en koffiewinkels in Swakopmund,is hondevriendelik.Die mense daar is mal oor honde en jy sien heeltyd hoe stap almal met hul diere.Dit het ‘n rukkie geneem om ons brakke gewoond te maak!
LikeLike
Die foto van Hasie wat eintlik n konyn was 🙂
LikeLike
Hy is pragtig!Ek kan verstaan dat jou hart gebreek was toe hy dood is.Dis so ‘n lekker bolletjie sagte liefde daardie.
LikeLiked by 1 person
Hy was n wilde diertjie en dit het my baie lank geneem om hom mak te maak net om hom te kon streel. Later kon ek hom optel maar daarvan het nie baie gehou nie. dankie
LikeLiked by 1 person
Ons is ook altyd op soek na eetplekke waar honde welkom is, want Pa gaan nêrens heen sonder sy Genis nie. Ek wonder watse stories daai kombi sou vertel as hy kon praat … ?
LikeLiked by 1 person
Wattwr soort hond is Genis?
Ja,daai kombi het definitief baie stories.Ek en manlief het in ‘n grap vir die kelnerin gesê ons gaan bietjie daar “smooch”.Toe bied sy aan om vir ons ‘n kombers te bring. 😆
LikeLiked by 1 person
Daar’s vir jou ‘n kelnerin duisend. Genis is ‘n Maltese poedel / foxterrier kruising (dink ons). Pragtige ding maar so bedorwe. Hy het ook sy eie blog waar “hy” skryf en sy lyf model hou https://genisondiet.wordpress.com/
LikeLike
Ag jinne,hy is opvreetbaar!Ek gaan nou ook sy blog volg.Dis so prettig!
LikeLiked by 1 person
Dankie. dis die een wat ek oorspronklik mee begin het om reklame te maak vir verskeie besighede in ons dorp. En toe “herontdek ek Afrikaans” en nou kan ek nie ophou praat nie.
LikeLike
Ai,ons het ‘n lekker taal!
LikeLike
Wys bietjie hoe lyk Genis?
LikeLike
Genis? Dis ekke daai. My pa het my vernoem na daai Oom in Koöperasiestories wat ook sulke woeste wenkbroue soos ek het.
LikeLiked by 2 people
Aaaaggg so cute
LikeLike
Die kombi se sitplekke, lyk baie gemakliker as baie ander restaurante s’n. Ek sou selfs kans sien vir daardie spyskaart. Dalk net iets anders as die puppyccino. Dankie.
LikeLike
Miskien ‘n whiskeychino?
LikeLike
Ek deel jou liefde vir hierdie plekkies. Hierdie een waarvan jy skryf is omtrent uniek en oorspronklik! Die eienaars is baie kreatief!
LikeLike
Daar is nog baie interessante goed wat ek daar wil afneem as ek weer gaan.
LikeLiked by 1 person
Klink regtig heerlik en besonders
LikeLike
Mens eet jou half dood daar,want die porsies is GROOT!
LikeLiked by 1 person
Dis nou n plek so na y hart. Trompie sal beslis die spyskaart en ook die ander vriende geniet.
LikeLiked by 1 person
Perdebytjie, dis nou die tipe plek wat ek graag sal wil besoek. Ek is self mal oor koffie winkels en kaffees, veral soos hierdie waar hulle uit die boks dink… en my worshondjie sal so ‘n plek ook waardeer
LikeLike
Ek het gesien hoe jy Cullinan se eetplekkies waardeer het.Jy sal mal wees oor dié een.
LikeLiked by 1 person
Dalk eendag…. dit sal so lekker wees
LikeLiked by 1 person
Net so lief vir teetuine, koffie “shops” ens. Dit lyk na ‘n heerlike plekkie.
LikeLike
Die personeel daar is net so gaaf.
LikeLike
Wow – dis ‘n oulike eetplekkie. Sal ook daarvan hou. Jou stukkie is oulik geskryf. Jou 1ste foto ook ‘n wenner.
LikeLike
Dankie vir inloer,Spokie!
LikeLike
Dina, ons hoop jy sien jou weg oop om deel te neem aan die “5 Day Black-and-White Photo Challenge”, maar dis geen probleem as jy nie kan nie, solank jy weet hoe baie ons jou blog geniet!
LikeLike
Verskoon dat ek nou eers antwoord Dries.Ek was vir tien dae verlore in die Kgalagadi.Kom nou eers bietjie opvang hier!
LikeLiked by 1 person
Tien dae “verlore” in die Kgalagadi klink hemels Dina!
LikeLike
Dit was wonderlik.Maak jou gereed vir te veel stories van my kant af! 🙂
LikeLiked by 1 person
Kan nie wag nie!
LikeLiked by 1 person
Lyk lekker… en as ek die ding so kyk, net die plek vir die ladidaaa om uit te hang! 😉
LikeLiked by 1 person
Dis eintlik ‘n plek vir na-aan-die-aarde-mense! 😆
LikeLike
Tog so oulike idee met die combi inderdaad en dit lyk na baie pret om daar te gaan kuier. Dis gaaf van hulle om die dierekinders ook toe te laat. Dankie vir die deel Dina en daar is niks fout met die foto’s nie. Dis pragtig. 😀
LikeLike
Dis regtig ‘n prettige,”kommin” plek!
LikeLiked by 1 person
hahahaha! Ek hou van prettige ‘kommin’ plekke. 😛
LikeLike
Ek ook..dis hoekom ek daar was!
LikeLiked by 1 person
Whahahahaha! Dan sal ek en jy lekker kuier. LOL!
LikeLiked by 1 person
Dit klink bitter oulik
LikeLiked by 1 person
Dit is…dankie dat jy hierdie ou blog kom lees het. Ek moes nou eers weer gaan kyk waaroor dit gaan😄
LikeLiked by 1 person
Haha. 🙂
LikeLiked by 1 person