My swakheid

Ek is mal oor kafees en koffiewinkels.Daar is deesdae soveel interessante plekkies,dat mens kan kies en keur.Elkeen het ‘n eiesoortige karakter.Soms is dit ‘n karakter met die regte gevoel en ander kere skort iets in die atmosfeer en dan maak ek nie sommer weer ‘n draai daar nie.

Swakopmund wemel van eetplekke en daar is ‘n paar gunstelinge waar ek gereeld uithang.Sekerlik een van die gewildste plekkies is Village Cafe.Dis baie onindrukwekkend van buite af en mens sien dit nie sommer raak nie.Wanneer jy instap,lyk dit maar rowwerig,maar elke personeellid waarby jy verby stap,groet jou in vriendelike Afrikaans.Die kafee is in ‘n ou gebou en mens stap deur na agter,waar daar ‘n soort vierkant is met tafels en stoele,onder sambrele en met vrolike versierings,afhangende van die seisoen.

Daar is ook ‘n gedeelte waar mens in ‘n horingou teater by tafeltjies kan sit.Die verhogie is piepklein en het nog steeds ‘n ou bloedrooi koordferweel gordyn.Let wel,alles lyk baie oud,is baie oud en dis nie deftig oud nie,maar ‘n ontspanne dorpskafee oud.Eintlik weet ek nie hoe om dit te stel nie,maar dis beslis nie vir snobs nie.

Wat verrassend is van die plek,is die humorsin op die spyskaarte,die opdis van die kos in ou blikborde,die massiewe sny Ma se Brood wat saam met sommige disse kom,ag en sommer die kostelike skryfgoed oral teen die mure en op die vloer.

Die hoogtepunt is die ou verroeste Kombi in die een hoek.Mens kan heerlik binne sit en ook daar jou ete geniet,as jy romanties genoeg voel.Natuurlik is daar ‘n kennisgewing op die venster,met reëls ter stigtelikheid!

Dis sommer ‘n lekker loslit plek waar mens jou brakkies en katte ook heen kan neem.Ek het al iemand met ‘n papegaai op ‘n goed bemesde skouer,ook daar gesien.Dus welkom aan alle troeteldierasies van watter aard ookal,solank hulle net in toom gehou word.Selfs vir die gepelsde vriende is daar ‘n spyskaart.

20150112_110738
Die ou kombi van buite af.Dit het darem nog wiele en effe deurgeritste,muwwe sitplekke met karakter.
20150112_110803
Binne in die liefdesnessie.
20150112_110931
Op die venster is streng voorskrifte geplak!
20150112_101141
Die diere se spyskaart…kostelike woordspeling.

Hierdie is alles selfoonfoto’s,dus nie baie goeie kwaliteit nie.

50 Replies to “My swakheid”

  1. Lol vir daardie spyskaart. net te cute. Daar is geen manier wat my hooligans hulle sal gedra by n restaurant nie… sal vir al die ander vreemde honde knor en hulle kos probeer afvat. Daar die worsie sal opwees voordat dit behoorlik neergesit is. Oulike tema vir n challenge – cute cafes! Daar is n paar van hulle in Kalkbaai in die Kaap.( En in Frankryk neem mense hulle goedgemanierde honde ook saam na restaurante. )

    Like

    1. Ons neem ons brakkies ook altyd saam.Meeste kafeetjies en koffiewinkels in Swakopmund,is hondevriendelik.Die mense daar is mal oor honde en jy sien heeltyd hoe stap almal met hul diere.Dit het ‘n rukkie geneem om ons brakke gewoond te maak!

      Like

    1. Wattwr soort hond is Genis?
      Ja,daai kombi het definitief baie stories.Ek en manlief het in ‘n grap vir die kelnerin gesê ons gaan bietjie daar “smooch”.Toe bied sy aan om vir ons ‘n kombers te bring. 😆

      Liked by 1 person

        1. Dankie. dis die een wat ek oorspronklik mee begin het om reklame te maak vir verskeie besighede in ons dorp. En toe “herontdek ek Afrikaans” en nou kan ek nie ophou praat nie.

          Like

  2. Perdebytjie, dis nou die tipe plek wat ek graag sal wil besoek. Ek is self mal oor koffie winkels en kaffees, veral soos hierdie waar hulle uit die boks dink… en my worshondjie sal so ‘n plek ook waardeer

    Like

  3. Tog so oulike idee met die combi inderdaad en dit lyk na baie pret om daar te gaan kuier. Dis gaaf van hulle om die dierekinders ook toe te laat. Dankie vir die deel Dina en daar is niks fout met die foto’s nie. Dis pragtig. 😀

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +