Hartediefie!







'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
Sophia…
Dis vreeslik moeilik om ‘n naaldekoker in vlug af te neem.Hierdie insek hang soos ‘n helikopter in die lug voor jou.Net as jy dink jy sien sy gedaante in die lens en jy wil fokus,skiet hy weg!Dis interessant om hom dop te hou,want hy kom weer terug na min of meer dieselfde plek,hang rond,jy probeer fokus en weg is hy weer!
Na ongeveer dertig probeerslae en ‘n goeie uur se gespook,het ek een ou foto’tjie gekry,wat min of meer bruikbaar is.
hartbeeshuisie,op ‘n plek so wyd en vry..
Vyf-en-dertig kilometer vanaf die ingangshek van die Kgalagadi Oorgrenspark,staan hierdie dierbare ou huisie.Dit staan bekend as die Auchterloniemuseum.Dis piepklein,het drie vertrekkies en inligting oor die destydse lewenswyse in die Kalaharie,is teen die muur aangebring.
Tydens die Eerste Wereldoorlog,is watergate met die hand langs die Auobrivier gegrawe.Dit sou sorg vir water vir die SA troepe indien die destydse Suidwes-Afrika van daar af binnegeval moes word.
Tussen 1913 en 1919 het ‘n Skotse opmeter,Roger “Malkop”(blykbaar was hy bietjie van ‘n woestaard)Duke Jackson,die area opgemeet en verdeel in plase.Vandaar die baie Galliese name,wat steeds vandag vir baie watergate in die park,gebruik word.Daar is name soos Strathmore,Craig Lockhart,Dalkeith,Montrose,Monro en Auchterlonie.
Na die wereldoorlog is blankes en later kleurlinge op die plase gevestig.Die boorgate is onderhou en opgepas deur hulle,maar mettertyd het die plase verlate geraak.Dis ‘n harde plek om te oorleef.
In 1931 het die Minister van Lande,Mnr. Piet Grobler,die area tot nasionale park verklaar.Die boorgatoppassers is uitgeskuif na ‘n area suid van die park,langs die Kurumanrivier.
Vandag is die park oorgelaat aan sy regmatige inwoners en die mens is net daar om die watergate in stand te hou en die wonder van die pragdiere in hul eie omgewing te geniet!
Dankie aan Spokie en Dries wat my genomineer het.Ek waardeer dit baie.
Ek wil graag vir Sophia by https://sonelcorner.wordpress.com/ nomineer om deel te neem.Hierdie blogger het ‘n ongelooflike talent om die klein goedjies te fotografeer.Haar foto’s is van uitstaande gehalte en sy gee altyd die interessantste inligting daarmee saam.
Dit behels een swart-en-wit foto per dag en dan moet jy iemand nomineer om ook deel te neem…baie maklik!
Ek is een dag agter,dus hier is twee foto’s:
My stories
Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals
It's Religion, stupid!
Gedachten over Levensstijl Gezondheid en Fotografie
On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....
Myriad memories frozen in time
Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.
'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
British Wildlife & Photography
Writing - Photography - Lifestyle
potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue
'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.
Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen
Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"
persoonlike blog - cam venter
Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS
Simone Foedrowitz - Naturfotografie +