Daar is ‘n lief ou…

hartbeeshuisie,op ‘n plek so wyd en vry..

Vyf-en-dertig kilometer vanaf die ingangshek van die Kgalagadi Oorgrenspark,staan hierdie dierbare ou huisie.Dit staan bekend as die Auchterloniemuseum.Dis piepklein,het drie vertrekkies en inligting oor die destydse lewenswyse in die Kalaharie,is teen die muur aangebring.

Tydens die Eerste Wereldoorlog,is watergate met die hand langs die Auobrivier gegrawe.Dit sou sorg vir water vir die SA troepe indien die destydse Suidwes-Afrika van daar af binnegeval moes word.

Tussen 1913 en 1919 het ‘n Skotse opmeter,Roger “Malkop”(blykbaar was hy bietjie van ‘n woestaard)Duke Jackson,die area opgemeet en verdeel in plase.Vandaar die baie Galliese name,wat steeds vandag vir baie watergate in die park,gebruik word.Daar is name soos Strathmore,Craig Lockhart,Dalkeith,Montrose,Monro en Auchterlonie.

Na die wereldoorlog is blankes en later kleurlinge op die plase gevestig.Die boorgate is onderhou en opgepas deur hulle,maar mettertyd het die plase verlate geraak.Dis ‘n harde plek om te oorleef.

In 1931 het die Minister van Lande,Mnr. Piet Grobler,die area tot nasionale park verklaar.Die boorgatoppassers is uitgeskuif na ‘n area suid van die park,langs die Kurumanrivier.

Vandag is die park oorgelaat aan sy regmatige inwoners en die mens is net daar om die watergate in stand te hou en die wonder van die pragdiere in hul eie omgewing te geniet!

IMG_1564
Gerestoureerde kraalmuur…op ‘n hoogte langs die Auobrivier.
027
Hierdie put is met die hand gegrawe.
038
Die put van bo af.Dis geweldig diep en ‘n mens staan verwonderd dat iemand dit met die hand uitgegrawe het!Moderne mense het natuurlik dit goed gedink om klippe daarin te gooi!Tsk,tsk!
IMG_1553
Hoog op ‘n bult staan hierdie huisie, bokant die vlakte van die Auobrivier.Daar kort net ‘n rokie uit die skoorsteen.
IMG_1113
Die voorkant.Klein venstertjies en dik mure hou die hitte en koue buite.

28 Replies to “Daar is ‘n lief ou…”

    1. Dankie.Toe ek die eerste keer daar kom,was dit vir my so verrassend om hierdie huisie te sien.Dis natuurlik gerestoureer,want daar was net klipmurasies oral.

      Liked by 1 person

  1. Sjoe, dankie die visuele toer. Mens wonder hoe dit moes gevoel het om daar te woon? Lyk so asof daar niks in die omgewing is nie. Jou voorlaaste foto is vir my pragtig met die plat koppies aan agterkant.
    Interessante feite.

    Like

  2. Ag, is dit nie die mooiste ou huisie nie? Ek sal hou van so huisie daar doer bo in die berge, ver weg van mense af, net omring met diere. 😀

    Ek is bly die plekkie word nou mooi onderhou sodat diere-en-natuurliefhebbers soos jy dit vir ons kan wys Dina. Dankie vir die deel. 😀

    Like

  3. En daar verdwyn my kommentaar sommer net so! Wonder wat gaan aan?

    In elk geval, laat ek maar weer sê dis ‘n pragtige hartbeeshuisie en ek is bly hulle hou als so mooi in stand sodat jy jou pragfoto’s met ons kan deel Dina. Baie dankie. 😀

    Like

    1. Ek sien darem nou wat jy geskryf het.Die ou huisie is so ‘n klompie jare gelede gerestoureer en al is dit stowwerig binne,gee dit ‘n goeie idee van hoe dit moes voel om daarin te bly.Dis nogal donker binnekant,maar daar is ‘n lig wat aangaan en met sonenergie werk.

      Liked by 1 person

  4. Jou fotos trek my sommer sterk Kalahari toe Dina!

    Mens moet maar mooi rondkyk voor jy by Auchterlonie uitklim; vriende het verlede jaar vir my n foto gewys van n luiperd wat om die huisie se klipmuur vir hulle geloer het, maar so goed gekamoefleer!

    Liked by 1 person

    1. Dit sal nogal erg wees as die luiperd binne in die huisie vasgekeer is en mens kom per ongeluk op hom af.Gelukkig luister mense en maak die deur toe as hulle uitgaan.Daar was ‘n geval by een van die ander piekniekplekke waar ‘n hiena in die damestoilet beland het.Dit was glo chaos!

      Liked by 1 person

    1. Ek dink hulle wou hoor hoe diep is die put,maar toe val die klippe op die yster,wat moet keer dat gekke nie daar inval nie.Dit kan seker uitgehaal word,maar die muurtjie om die put,is bietjie hoog

      Like

  5. Dankie vir die mooi beskrywing en ook pragtige fotos. Mens kan sommer die huisie skilder so mooi is dit. Een van my wense was nog altyd om daardie park te besoek. Ongelukkig het dit nooit gebeur nie. Nogal spyt daaroor noudat ek jou vertelling gelees het.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +