Ietsie vir

Sophia…

Dis vreeslik moeilik om ‘n naaldekoker in vlug af te neem.Hierdie insek hang soos ‘n helikopter in die lug voor jou.Net as jy dink jy sien sy gedaante in die lens en jy wil fokus,skiet hy weg!Dis interessant om hom dop te hou,want hy kom weer terug na min of meer dieselfde plek,hang rond,jy probeer fokus en weg is hy weer!

Na ongeveer dertig probeerslae en ‘n goeie uur se gespook,het ek een ou foto’tjie gekry,wat min of meer bruikbaar is.

IMG_8987
Hierdie een is nie heeltemal in fokus nie…afgeneem by die Kwang watergat in die Kgalagadi.
IMG_8987b
Dieselfde foto..bietjie gespeel met effekte van Photoshop.

23 Replies to “Ietsie vir”

  1. Pratige foto. Jou probeerslae het darem iets opgelewer. My kamera neem nie sulke naby fotos nie. Ek is nog n regte leerling met die fotonemery

    Like

  2. Sjoe! Dina, dis pragtig! Ek wens ek kan hul so afneem as hul vlieg, maar hel, hulle is vinnig hoor. Ek is mal hieroor en vrek oor jou edit wat jy gedoen het in Photoshop. Die ‘gritty’ effek laat dit so mooi uitstaan. Dankie skat! Ek is altyd bly om te sien as ander ook die editing so geniet. 😀 ♥

    Like

    1. Ek het nou die punt bereik waar ek nie meer bang is om oorspronklike foto’s te verander nie.Aanvanklik het ek gedink dis verneukery,maar omdat almal dit doen begin ek gewoond raak aan die gedagte.

      Liked by 1 person

      1. Ek is bly om dit te hoor. Die punt is, dit is jou foto’s en as jy kreatief met dit wil raak, het dit niks met enigiemand anders te doen. Hoekom ander dit as verneukery sien, weet ek ook nie. Almal sien dinge soos hulle wil. Mense hoor ‘n storie en las stertjies aan en skinder oor ander – dis verneukery. Om ‘n mooi foto net nog mooier te maak sodat ‘n plesier vir die oog is en iets in ‘n ander wakker te maak, is nie verneukery nie. Dis kuns. Ek dink die lot wat so kla en sê dis verneukery, is net naar omdat hulle nie weet hoe werk die ‘verneuk’ programme nie. LOL!

        Geniet! 😀 ♥

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +