vies vir haarself!
Alles het twee maande gelede begin toe Perdeby besluit het om die Rhodesian Creeper wat die palmboom in die voortuin “wurg”, onder af te saag!
Hierdie palm is ‘n lushof vir geveerdes en in die somer swaai vinkneste aan die klimop se takke.Dis ‘n uitkykpos vir loeries,muisvoels,duiwe en alles wat vlieg.Saans kruip die mossies weg tussen die dooie palmblare,wat soos ‘n rokkie om die stam hang.Soggens sit hulle in die sonnetjie en tjirp op die klimop se takke.
Soos die tyd aanstap,het die klimop se takke begin uitdroog en ons het maar gereken dit sal so met die tyd loskom en afval van die boom af.Die voels was heel tevrede en het steeds hul hemelbesem besoek en niks het regtig verander nie,totdat…Buurman wat al jare langs ons woon en nog net tien woorde met ons gepraat het,eendag redelik parmantig aan ons deur klop en keelskoonmaak oor die palmboom wat op sy huis gaan val.Sy versekeringsagent het hom gewaarsku dat hulle niks sal uitbetaal as dit gebeur nie.Manlief is nie links nie en koer liefies vir buurman om agter in ons tuin te kom kyk.
Skok! Buurman se lapa rus al die afgelope tien jaar op ons tuinmuur,’n halwe meter van ons huis se dak af…heeltemal onwettig!Intussen is ons weerligafleier(‘n hengse hoe paal) gerieflik geplaas sodat buurman se lapa ook daarby baat!
Die man is redelik druipstert hier weg met die belofte om iets daaraan te doen en ons onderneem dat ons iets aan die palmsakie sal doen.
Dinsdag sak ‘n span boommense hier in (eers halftwaalf die oggend,want dis mos wanneer mens begin werk!)en begin die palmblare en klimop af te stroop.Dis ‘n helse lawaai van petrol sae en die walms laat Perdeby kort-kort hoes en proes en stik en haar angel wil-wil aktief raak en iemand klits!
Gou is die hele agterplaas en voortuin vol takke en blare en al wat ‘n voel en insek is trek al doer in Brakpan,soos hulle vlug!Nodeloos om te se,die werk kom nie klaar nie en die span sou kastig gisteroggend nege-uur weer aanmeld.Gmf!Half-een bel ‘n verwoede Perdeby die “baas” en vra waar die spul is.Mens verander al jou planne en sit soos Piet Snot en wag,wag,wag!Daai angel vibreer eintlik van viesgeit!(Is daar ooit so ‘n woord?)
Hulle kom tien minute later hier aangejaag…die bakkie het kastig gebreek!Ha,dit was omtrent ‘n vinnige herstel!
Lang storie kort,hulle is eers half-sewe hier weg en Perdeby se arme boom lyk soos ‘n geplukte hoender!
Perdeby voel soos ‘n vark,maar wonder bo wonder,vanoggend tjilp die mossies doer bo in die oorblywende blare en dit lyk nie eers of hulle agterkom iets het verander nie.
Nou is die boom “top heavy” en die kanse is groter dat hy nou op Buurman se huis gaan val! Har,har,har!