Flinke vossie

Hierdie klein skelmpie staan bekend as die Silwervos en is die enigste ware vos in Suider-Afrika.(Cape Fox in Engels)

‘n Mens is baie gelukkig as jy hom te siene kry,want hy is skaars en sku.Dis ‘n klein knapie met ‘n skouerhoogte van 30cm en ‘n massa van 2.5 tot 4kg.Hy hou van oop gebiede soos grasveld en dorre struikveld…ook koringlande en fynbos in die Wes-Kaap.

IMG_1176a
Grou,grou..wat is dit?

Eintlik is hy ‘n nagdiertjie,maar as dit koel is is hy ook aktief.

IMG_1177b
Het hom!

Hy is ‘n alleenlopertjie,maar soms is daar tweetjies.

IMG_1179b
Haai dis ‘n mol!

Hy leef in gate wat hyself grou,of oorgeneem het by ‘n springhaas of ander kleiner diere.

IMG_1181b
Arme molletjie!

Een tot vyf kleintjies word vanaf Augustus tot November gebore.Hierdie slim diertjies bly net tot hul vyfde maand by hul ma.

IMG_1182a
Dis ‘n lekker happie!

Kos bestaan uit insekte,ongewerweldes,knaagdiere,reptiele,voels,aas en vrugte.

IMG_1185
Njammies!
Advertisements

21 thoughts on “Flinke vossie”

  1. Jy is so gelukkig om een van hierdie gediertes raak te loop. Te pragtig. Ek het een maal gestop by ‘n dooie bakoorjakkalsie. Blykbaar leef hulle ook net meeastal van insekte?
    Ek so beslis nie omgee om een van hulle as ‘n troeteldier te he nie. Hulle is skattig

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s